‘n Heerlike glas wit wyn saam met Didi Potgieter

Ek het die voorreg gehad om ‘n hele aand lank saam met die gewilde skrywer, Didi Potgieter te kuier tydens die onlangse ROSA-konferensie in Johannesburg. Ons het gesels oor die volgende storie in haar reeks oor die Parker-familie, Liefde vir ‘n liefling (Lapa: November 2019). Maar voor ons oor haar boek gesels, kom ons leer ken haar eers ‘n bietjie beter.

Ons het heerlik gesels!

Vrae:

A. Vinnige vrae:

  1. Tee of wyn? (watter tipe/soort?)  Wyn. Wit, rooi of pienk. Solank dit droog is.
  2. Lees of draf? Lees.
  3. Katte of honde? Honde. 
  4. Hakke of plat skoene? Moeilike een. Ek is mal oor mooi hakke, maar dit is onprakties vir langs die sportveld…
  5. Boxers of briefs?  Boxers… (Mag ek hier noem die stywes?)
  6. Melk- donker of wit sjokolade? Donker.
  7. Soet of sout? Sout.
  8. See of berge? See met berge. Blouberg. Muizenberg…

B. 5 dinge waarvan jy hou en 5 waarvan jy nie hou nie

  1. My gesin
  2. ʼn Glimlag
  3. Kuier saam met geliefdes
  4. Mooi musiek
  5. Kosmaak
  1. Geweld
  2. Mense vat wat hulle nie toekom nie
  3. Skottelgoed was
  4. ʼn Vuil kar
  5. onregverdigheid

C. Drie dinge op jou emmerskoplysie

Alles behels reis…

  1. Ierland
  2. New-York
  3. Skedel kus

D. Wat was jou inspirasie vir hierdie storie?

Die vorige vyf boeke in die reeks, en ek het nou lank hieroor gedink. Ek wou die Parkers se liefling skep en in hierdie storie het ek

.

Kort opsomming:
Tilla is die Parkers se liefling. Sy het haar moeilike verlede agter haar geplaas en probeer haar posisie in een van die bekendste families in die wêreld gebruik om goed te doen vir mense wat is waar sy eens op ʼn tyd was.
Dokter Sean Thomas sien egter net ʼn rykmansdogter wat so bietjie goeie publisiteit vir haarself wil kry. 
Natuurlik bly hy nie bestand teen die liefling nie en kort voor lank besef hy, sy is eintlik bestem om sy liefling te wees.

Sosiale media skakels:
Facebook
Instagram
Twitter
Webwerf

Baie dankie vir die heerlike kuier en gesels, Didi! Ek weet sommer die Parkers se liefling gaan almal se liefling word.

‘n Heerlike glas wit wyn saam met Didi Potgieter
Share this post with your friends
Tagged on:                 

Leave a Reply