Ek en Malene Breytenbach het heerlik in Stellenbosch gekuier en oor haar nuwe SuperRomanza, Verlore skatte gesels. Sy verkies wyn bo tee, maar aangesien dit 10:30 in die oggend was, het ons ewe ordentlik tee gedrink. Met natuurlik ‘n soetigheid by – sy ‘n heerlike sjokoladekoek en ek en Theo ‘n karamelkaaskoek.
Voor sy vir ons meer van haar boek vertel, kom ons leer ken haar so ‘n bietjie!
A. Vinnige vrae:
- Tee of wyn? (watter tipe/soort?) Wyn, verkieslik sauvignon blanc
- Lees of draf? Lees
- Katte of honde? Katte
- Hakke of plat skoene? Plat skoene
- Boxers of briefs? Hoo hoo! Briefs
- Melk- donker of wit sjokolade? Donker sjokolade
- Soet of sout? Sout
- See of berge? Berge
B. 5 dinge waarvan jy hou en 5 waarvan jy nie hou nie
Hou van:
- Mense wat gevat is
- Diere, met katte bo-aan die lys
- Lees, ek is ʼn gulsige leser
- Mooi natuur is vir my baie belangrik
- Kuier met mense wat my na aan die hart lê.
Hou nie van nie:
- Ek haat mense wat wreed is met diere
- Bitsige mense wat skinder
- Mense wat voorgee om iets te wees wat hulle nie is nie of jok
- Tegnologie wat my in die steek laat
- Ontrouheid
C. Drie dinge op jou emmerskoplysie
- ʼn Behoorlike skilderkursus neem
- ʼn Skryfkursus in Frankryk of op ʼn Griekse eiland bywoon
- ʼn Reis op ʼn groot skip, verkieslik daarby die Middelandse See
Ons het heerlik oor haar nuwe boek gesels. Dr Marlene Breytenbach geniet dit om navorsing te doen en die interessante besonderhede wat sy opdiep, maak haar stories so uniek. ‘n Mooi plantkundige, ‘n sexy joernalis, die Amazone-reënwoude, ‘n ontvoering – perfekte bestanddele vir ‘n SuperRomanza.
Sy beskryf haar held as ‘n oud seesoldaat, ‘n Camel-man look-alike, taai, maar tog iemand met ‘n oog vir skoonheid. Hy is romanties en help die heldin om ‘n rare orgidie te vind. Ek is klaar verlief op hom voor ek nog die boek gelees het!
D. Wat was jou inspirasie vir hierdie storie?
Die Amasone fassineer my, ook die Incas van Peru. Toe kombineer ek die twee in die Peruviaanse Amasone. Ek het ook gelees van die rubberbaronne van ʼn vorige eeu wat daar ryk geword het en dit het my ook geïnspireer. Met alles saam het ek lekker aan die boek geskryf.
Kort opsomming:
Frances Wright, ’n botanis en Riek Vanbrugh, ʼn herpetoloog aan die Universiteit Stellenbosch, gaan saam met ’n Britse argeoloog, John Mansfield, se ekspedisie na die Amasone-reënwoud in Peru. Jack Berry, avonturier en skrywer/fotograaf vir National Geographic is een van die ekspedisielede. Vanaf Iquitos stuur hul borg, Carlos Carraldo, hulle per boot stuur, rubberbote en te voet die reënwoud in. Die fauna en flora is uitsonderlik en hulle word deur mens, dier en plant bedreig. John Mansfield soek eintlik die verlore stad Huakan en ’n legendariese goue standbeeld wat Carraldo begeer. Tydens die reis vol avonture, groei die liefde tussen Frances en Jack.
Sosiale media-skakels:
Koopskakels:
Baie dankie vir ons heerlike kuier, Malene. Hierdie ene gaan vlieg!