Tyd is ‘n bl**ksem en ander belaglik lekker tekste
Lapa Uitgewers – 2022
Nog ‘n heerlike bundel stories vir die laerskool saamgestel deur Marieta Nel.
So opgewonde “Die soen” wat ook in die bundel opgeneem is. Sy kan nie soen nie en hy kan nie dans nie, kan hulle mekaar help?
Husse met lang ore
Husse met lang ore is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
Die skool vir rampspoedige talente en ander gelukkige stories
Lapa Uitgewers – 2022
‘n Heerlike bundel stories vir die laerskool saamgestel deur Marieta Nel.
So opgewonde Die luiperd is ook in die bundel opgeneem.
Wanneer is eendag
Abella is ‘n klein feetjie en haar hare is rooi en deurmekaar. Haar klere bly vuil, want sy speel so lekker saam met haar maatjies tussen die fynbos. Sy wil baie graag so mooi soos die ouer feetjies lyk en ook soos hulle teen die maan se strale afgly, maar hoe lank moet ‘n feetjie wag voor dit kan gebeur?
Wanneer is eendag? is ‘n feetjieboek vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.