{"id":738,"date":"2016-12-30T07:35:35","date_gmt":"2016-12-30T07:35:35","guid":{"rendered":"http:\/\/elsawinckler.com\/?p=738"},"modified":"2016-12-30T12:00:29","modified_gmt":"2016-12-30T12:00:29","slug":"2016-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=738","title":{"rendered":"2016"},"content":{"rendered":"<p>Die kinders.<\/p>\n<p>Van alles wat die jaar gebeur het, was dit die lot van kinders wat my die meeste ontstel het. Einde verlede jaar spoel die driejarige Aylan Kurdi se lyfie uit op \u2019n strand naby die Bodrum in Turkeye. Hy het \u2019n rooi hempie aan. \u2019n Sarsie rubberkoe\u00ebl tref my teen my vel.<\/p>\n<p>Die foto van die verdwaasde vyfjarige Omran Daqneesh agter in \u2019n ambulans nadat hy uit puinhope van Aleppo gehaal is, laat my desperaat soek na \u2019n manier om die wanhoop in my te laat bedaar.<\/p>\n<p>\u2019n Joernalis skryf die kinders in Aleppo huil nie meer nie. My hart breek.<\/p>\n<p>Koerante is vol\u00a0van ouers wat kinders seermaak, kinders wat ouers doodmaak. Wreed.<\/p>\n<p>\u2019n Wailing wall soos die een wat May Boatwright in Sue Monk Kid se <em>The secret life of bees<\/em> gehad het, begin sin maak.\u00a0Op een of ander manier moet die seer op \u2019n plek kom weg van my waar ek dit nie meer kan voel nie.<\/p>\n<p>Ons boeta is siek. Dis \u2019n lang, uitmergelende pad. Van die groot, sterk man is teen die einde min oor, net die vonkel in sy oog glim nog so af en toe totdat die blou o\u00eb heeltemal dof word. Hy\u2019s op \u2019n goeie plek, ons weet, maar ek mis sy lag. Hy het die lewe met soveel oorgawe bestorm.<\/p>\n<p>Ons meisiekind woon ver oor die water. Sy is gelukkig, ons gaan kuier, sy kom kuier, maar ek mis haar lyf, haar lag, haar reuk.<\/p>\n<p>En ons middelste kom s\u00ea hy gaan weer Sjina toe. Dis ver, dis vreemd, dis aan die anderkant van die aardbol. Die verlange kom sit in \u2019n rou knop in my keel wat ek maar net nie weggesluk kry nie.<\/p>\n<p>Oudste het \u2019n rowwe jaar. Ons bid, ons praat moed in, verwonder ons aan hulle vaste geloof dat alles sal uitwerk. Oudste kleinseun breek sy arm, ouma se lyf is te klein.<\/p>\n<p>Die klaagmuur begin al hoe meer sin maak.<\/p>\n<p>\u2019n Vriendin verloor haar werk, \u2019n vriend raak siek, \u2019n vriendin verloor haar man, \u2019n ander die pa van haar kind. Vriende se kinders dwaal iewers langs die pad af. Verlore lewens. Di\u00e9 sarsie koe\u00ebls is meededo\u00ebnloos.<\/p>\n<p>Ons ma word 91, die groen o\u00eb wat so vurig kon blits, is vaal, kyk ver na dinge waarvan ons niks weet nie. Die ma wat ek geken het, wat my so op my tone gehou het, is lankal nie meer hier nie. In haar plek is \u2019n verdwaasde wese en net soms breek \u2019n glimlag deur en herken haar o\u00eb iemand.<\/p>\n<p>Ek wonder oor die sin van so \u2019n lewe.<\/p>\n<p>\u2019n Maand of wat terug kyk ek met verwondering na die supermaan. Dit word wetenskaplik verduidelik, ek weet, maar iets van die grootheid van die heelal, van die liefde van ons Hemelse Vader vir ons woelige aardse wensens, kry l\u00eaplek in my hart.<\/p>\n<p>Ek het \u2019n Wailing Wall. So tussen al die hartseer het ek net vir \u2019n rukkie van Hom vergeet.<\/p>\n<p>\u2019n Mooi 2017 vir jou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kinders. Van alles wat die jaar gebeur het, was dit die lot van kinders wat my die meeste ontstel het. Einde verlede jaar spoel die driejarige Aylan Kurdi se lyfie uit op \u2019n strand naby die Bodrum in Turkeye.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[9,5],"tags":[],"class_list":["post-738","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-other-blogging","category-family"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/738","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=738"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/738\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":740,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/738\/revisions\/740"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=738"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=738"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=738"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}