{"id":195,"date":"2014-05-06T08:31:41","date_gmt":"2014-05-06T08:31:41","guid":{"rendered":"http:\/\/elsawinckler.com\/?p=195"},"modified":"2014-06-30T08:32:51","modified_gmt":"2014-06-30T08:32:51","slug":"ons-oudste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=195","title":{"rendered":"Ons oudste"},"content":{"rendered":"<p>Jy\u2019s \u2019n gelukkige ma as jy dit eenkeer sien. Onbevange vreugde op jou kind se gesig.<\/p>\n<p>Heinz was in matriek toe hy op \u2019n keer in die Paarl moes gaan rugby speel. Ons twee is vroeg weg uit Stellenbosch. Die dag is pragtig met net hier en daar \u2019n wolkie in die lug na die vorige dag se re\u00ebn.<\/p>\n<p>Net so voor die eindfluitjie moet blaas, kom Heinz, vol modder, van die doellyn af gehardloop en hy lag soos jy net kan lag wanneer jy agtien is. Die son breek op daardie presiese oomblik deur, my asem raak weg. En ek wens dis moontlik om die oomblik vas te te vang en in \u2019n bottel sit. Mag hy nooit sy lag en sy vreugde verloor nie, bid ek en b\u00eare die oomblik in my hart.<\/p>\n<p>Hy is ingeskryf by die Universiteit van Stellenbosch vir die volgende jaar, maar is nog nie seker van sy studierigting nie. Uiteindelik besluit hy op Regte. Ons is opgewonde. Maar sy glimlag kom nie heeltemal by sy o\u00eb uit nie.<\/p>\n<p>Hy\u2019t \u2019n meisie. Ons hou van haar, pragtige krulkop-kind met \u2019n groot glimlag. Hulle is saam universiteit toe en die liefde hou \u2019n hele ruk voordat hulle elkeen hulle eie koers inslaan. Dalk kom die lag terug as hy die regte meisie huis toe bring, hoop ek.<\/p>\n<p>Oor die volgende drie jaar terwyl hy met sy studies in Regte besig is, soek ek gereeld na daai lag. Ek sien ietsie daarvan slegs wanneer hy sy kitaar gryp. Hy is lief vir die Here, betrokke by die kerk en sluit by die gospel band Kerugma aan. Die Heinz op die verhoog is \u2019n heel ander wese as die een voor die boeke en ek wonder.<\/p>\n<p>Eksamentye is vir ons almal ewe erg. Hy is fikser as ooit, want g\u2019n mens kan mos heeltyd sit en swot nie, word ons vertel. Wanneer hy agter die lessenaar inskuif, sit hy vooroor gebuig oor die boeke, sy skouers stram, sy hele lyf \u2019n uitroep van frustrasie.<\/p>\n<p>Hy geniet die studentelewe, mis nie \u2019n huisdans nie en bring af en toe \u2019n meisie huis toe. Een gee vir hom \u2019n goudvissie persent. Goudvissie hou nie lank nie, toe moet ons hom wegspoel. Dis duidelik nog nie die regte meisie nie.<\/p>\n<p>Hy kry sy BA Regte graad en ek verstaan vir die eerste keer hoekom my skoonma om die koejawelboom gedans het nadat manlief matriek deur is.<\/p>\n<p>Miskien sal hy nou sy studies begin geniet, miskien sal hy nou die passie ontwikkel wat nog heeltyd ontbreek. Miskien sal die lag nou terugkom, vertel ons mekaar.<\/p>\n<p>Desember kyk ek na die Britse Idols kompetisie. Heinz en sy kitaar toer die vakansie en hy tree by strandplekkies op. Hy kom terug met blink o\u00eb. Dit was so lekker.<\/p>\n<p>Ek hoor van die Idols oudisies in Kaapstad en vertel hom daarvan. Op die dag wat hy moes gaan registreer vir die nuwe akademiese jaar, neem manlief hom Kaap toe.<\/p>\n<p>Laat die kind nou die ding uit sy lyf kry sodat hy met sy studies kan aangaan, bid ek. Hy kom die aand terug en hy babbel en straal. Hy moet die volgende dag teruggaan. Ek is nog doodgerus. Die ou kindjie het nie die regte profiel vir die tyd en dae nie, troos ek myself.<\/p>\n<p>Maar hy is deur na die volgende rondte. My asem raak te min. En toe die nuus: hy is in die top honderd, hy gaan Johannesburg toe.<\/p>\n<p>En jou studies? Is al wat ek uitkry.<\/p>\n<p>Ek sal bybly Ma, moenie worry nie. Maar ma worry. Dis my werk, verdedig ek myself.<\/p>\n<p>Hy klim vir die eerste keer in sy lewe op \u2019n vliegtuig, ons het geen idee vir hoe lank nie. Sondag-aande sit ons vasgenael voor die televisie. Ons kind se gesig is die hele televisieskerm vol. En hy lag. Ek sien die vreugde en hou asem op. Mense uit alle oorde bel, opgewonde oor die kind van ons. Ek en manlief kyk vir mekaar, ons bid.<\/p>\n<p>Oukei Here, s\u00ea ek, dis nou regtig genoeg, hoor? Dis Mei. Hy moet nou terugkom anders gaan hy so ver agter raak met die werk dat hy dit glad nie kan inhaal nie. Maar, die nuus is, hy is deur na nog \u2019n rondte.<\/p>\n<p>Hoor vir my, hy gaan met daai bleddie geel kar hier aankom, s\u00ea vriendin Hanlie opgewonde. Ek skud net my kop. Hy kan maar weer net op sy fiets kom klim, dis heel oukei met my.<\/p>\n<p>Voor die laaste uitdunne is hy terug by die huis. Hy loop klas, ry fiets, sit weer vooroor gebuig oor sy boeke. Dis eksamen.<\/p>\n<p>Hy kom staan in die deur.<\/p>\n<p>Wat dink jy gaan gebeur? vra ek.<\/p>\n<p>Ek weet nie, Ma, maar dis wat ek wil doen. Dis my passie, dis waarvoor ek op hierdie aarde geplaas is. Dis wat die Here wil h\u00ea ek moet doen.<\/p>\n<p>Nou hoe stry \u2019n ma daarmee?<\/p>\n<p>Maak jou studies klaar, die singery kan jou stokperdjie wees, probeer ek nog. Ek kry \u2019n skewe glimlag.<\/p>\n<p>Hy is terug Johannesburg toe en ons almal beland op \u2019n frenetiese mallemeule. Mense wat ons van g\u2019n kant af ken nie, wil met ons praat, foto\u2019s van ons neem, onderhoude met ons voer. Die pers is soos iets wat bloed geruik het.<\/p>\n<p>Hy word opgehemel in die een artikel na die ander, net om in die volgende uitgawe uitmekaar getrek te word. Die aasvo\u00ebls soek kos. Poniekoerante stuur hulle mense uit op die kampus. Kry skindernuus oor Heinz, is die opdrag.<\/p>\n<p>Een bel my om te hoor van Heinz se kind. Watter kind? vra ek ontsteld. Ek huil dat die trane spat. Waar op aarde kom die mense aan die goed? Sy bel terug. O nee, jammer, dis nie hy nie. Ek krap my senuwee-fraiings weer bymekaar en probeer nice wees.<\/p>\n<p>Hou net sy voete op die aarde, Liewe Heer, vra ons aand na aand. Ons vlieg Johannesburg toe om hom te ondersteun en kry die kans om alleen met hom te kuier. Tevrede kom ons terug. Hy\u2019s oukei. Hy\u2019s nog ons kind, sy voete stewig op moeder aarde.<\/p>\n<p>Die aand van die finale, is ons weer daar. Toe die kamera na die gehoor toe draai, weet ek. Hy gaan wen. En toe hulle sy naam uitroep, is dit weer daar: die lag, die vreugde, die blydskap. Ek lag saam en b\u00eare my trane vir later.<\/p>\n<p>Saam met die wen, het so baie dinge verander. Hanlie was reg, hy het met die bleddie geel kar by die huis aangekom.Die een oomblik was hy \u2019n gewone student op \u2019n fiets en nou is hy \u2019n celeb met \u2019n plat, geel motor. Hy het uit die huis getrek, eers na sy eie plek in Stellenbosch en toe na \u2019n ruk Johannesburg toe. Dis waar die werk is, Ma.<\/p>\n<p>Die huis was skielik baie leeg, ons lewens kon terugkeer na normaal.<\/p>\n<p>Hy kom kuier gereeld, die lag verdwyn met tye. Dis nie altyd so maklik daarbuite nie. Hy worstel deur \u2019n krisis, maar praat nie regtig daaroor nie. Ons bid saam met hom.<\/p>\n<p>Ek bel gereeld, ten minste eenmaal op \u2019n dag. Ons hoor gereeld van meisies, ontmoet selfs een of twee, maar dit hou nooit baie lank nie.<\/p>\n<p>Op \u2019n dag is daar \u2019n ander klank in sy stem. Onthou ons die girl wat saam met ons die vorige jaar by \u2019n funksie was? Ons onthou. Mooi meisiekind, ons het gehou van haar. Hulle kom die naweek Kaap toe vir een of ander ding, kan ons hulle in die Strand kry?<\/p>\n<p>Ek praat met \u2019n vriendin van hom. Wat s\u00ea jy van die nuwe meisie? vra ek. Hy praat met haar sag en mooi, soos hy met tannie en Mia, sy sus praat, s\u00ea sy. Dis die girl vir hom.<\/p>\n<p>Ons is almal daar om hulle in te wag. Hulle stap in, hy vat haar hand en ek sien. Hierdie ene gaan hy hou. Kyk daai smile.<\/p>\n<p>Ek glimlag saam, sluk aan die knop in my keel. Ons klong het sy girl gekry.<\/p>\n<p>Ons wil die hele storie hoor en hulle vertel. Sy borrel en bruis, sy o\u00eb blink. Sy\u2019s ook lief vir die Here, Ma.<\/p>\n<p>Die dag voor die troue, hou ek my hart vas. Dinge is deurmekaar. Sy onderbaadjie is verkeerd, die das is nie reg nie. Laatnag ry hy rond om alles perfek te kry. Soos sy dit wil h\u00ea. Want vir haar, Ma, loop ek oor gebreekte glas.<\/p>\n<p>Dis \u2019n pragtige dag op die Ho\u00ebveld toe hulle trou aan mekaar beloof. Toe die bruid instap, kyk ek na ons klong. Bre\u00ebbors wag hy haar in, en op sy gesig, die glimlag wat ek soek.<\/p>\n<p>Ons gaan kuier in Johannesburg. Sus Mia begin sommer huil. Hy\u2019t \u2019n hamer en \u2019n tuinslag, Ma. Hy\u2019t sy eie huis, hy\u2019s nou groot, snik sy. Ons klong glimlag breed.<\/p>\n<p>Hulle kom kuier by ons op Bettysbaai. Sy skree (letterlik) vir die Blou Bulle en hy is \u2019n groot Stormers fan. Sy kry gou koud, hy kry gou warm. Hy is Don Quixote met sy kop tussen die wolke, sy is sy Sancho Panza met haar voete op die aarde. Die een wat die dinge onthou, wat kan organiseer. Maar sy sing ook graag, maak saam met hom musiek, raak opgewonde saam met hom, skryf songs vir hom. En so skuur-skuur en skaaf-skaaf pas hulle bymekaar aan, begin hulle mekaar se ritmes verstaan.<\/p>\n<p>En toe die wonderlike nuus. Sy verwag. Ons is saam opgewonde en dankbaar, maar \u2019n paar weke later hoor ons die hartseer nuus. Sy het die baba verloor. Vertroos hulle, Here, bid ons, magteloos kilometers van hulle af. Ons kinders huil, ons harte bloei. Hulle worstel deur die seer, sukkel om die regte woorde te vind om te kan bid.<\/p>\n<p>Ons almal raak stil, probeer verstaan. Hoekom Here?<\/p>\n<p>\u2019n Maand later is sy weer swanger en die keer klou babatjie. Sy pa skryf vir hom die mooiste song. Nege maande later word die pragtige seunskind gebore. Lian. Hy\u2019t sy oupa Theo se ken en kuite, sy pa se o\u00eb, sy ma se uitbundige liefde vir die lewe, sy ouma se liefde vir boeke. En hy is mal oor karretjies.<\/p>\n<p>En toe kom Simeon. Uitgeknip sy ma met sy ouma Hannah se pragtige, groot o\u00eb. Sy pa skryf \u2019n song oor die groot-oog seuntjie. Hy klim sommer binne om harte in met sy eerste glimlag. Hy is is mal oor drukkies, \u2018jojjos\u2019 (Lollos) en hou van perde.<\/p>\n<p>Reuben is vanjaar gebore, ouma ken nog nie vir hom nie. Maar hy pas net so lekker soos sy boeties in ons arms, in ons harte. Niks op aarde is so spesiaal soos \u2019n nuwe lyfie teen jou nie. Ons wag nog vir pappa se song.<\/p>\n<p>En so saam met die seuntjies, het hulle ook al die eise van ouerwees bygekry. Die nagte is lank, die dae te kort.<\/p>\n<p>Hulle het intussen Kaap toe getrek, sukkel nog om aan te pas by die stadiger pas, maar geniet die see, die berge. Dit gaan goed met ons kind, met hulle. Niks is \u2019n probleem nie, eerder \u2019n \u2018uitdaging\u2019.<\/p>\n<p>Een van my man se swart kli\u00ebnte beantwoord altyd sy foon met die woorde: \u201cGod is good.\u201d<\/p>\n<p>Ek kyk na ons seunskind, nou \u2019n man, sy vrou en kinders en ek kan sy woorde beaam. God is good.<\/p>\n<p>In die fliek, <i>Letters to Juliet<\/i>, s\u00ea die held vir sy ouma, wanneer sy haar verlore liefde vind kan hulle \u2019n lewe h\u00ea sonder die \u201cmessy bits.\u201d Sy antwoord hom, \u201cCharlie, life \u00eds the messy bits.\u201d<\/p>\n<p>Dit sal nie altyd net goed gaan nie, dit weet ek. Krissise duik op, mense stel jou teleur, dinge maak jou hartseer \u2013 die messy bits is die lewe. Maar waarvan ek ook seker is, is dat ons nooit alleen deur die dinge gaan nie. En ek is so dankbaar ons kinders weet dit.<\/p>\n<p>Om \u2019n sanger te wees, klink so lekker, so glansryk. Dis egter \u2019n bedryf wat baie ho\u00eb eise stel. Hy moet baie reis, ver van sy gesin optree, laat nag en vroeg oggend \u2019n vliegtuig haal terwyl hy al die gewone dinge van manwees en pawees inpas. Of sy oog seer is, of sy hart pyn, of hy verkoue is of bekommerd is, hy moet van homself gee.<\/p>\n<p>Maar, en dit gee my nog steeds hoendervleis, wanneer hy op die verhoog klim, skakel \u2019n lig in hom aan en hy sing uit sy hart. Want dis wat hy wil doen. Dis waarvoor die Liewe Vader hom gemaak het. D\u00eds sy passie, sy opdrag. Daarom is niks moeilik nie, niks te erg nie, hanteer hy die baie frustrasies en uitdagings.<\/p>\n<p>En dis d\u00e1\u00e1r, op die verhoog, waar ek elke keer die glimlag sien. Daai een waarna ek altyd soek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy\u2019s \u2019n gelukkige ma as jy dit eenkeer sien. Onbevange vreugde op jou kind se gesig. Heinz was in matriek toe hy op \u2019n keer in die Paarl moes gaan rugby speel. Ons twee is vroeg weg uit Stellenbosch. Die<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[9,3],"tags":[],"class_list":["post-195","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-other-blogging","category-kinders"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/195","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=195"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/195\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":196,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/195\/revisions\/196"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=195"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=195"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=195"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}