{"id":1761,"date":"2022-02-11T13:36:49","date_gmt":"2022-02-11T11:36:49","guid":{"rendered":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1761"},"modified":"2022-02-11T13:36:50","modified_gmt":"2022-02-11T11:36:50","slug":"kortverhaal-8","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1761","title":{"rendered":"Kortverhaal 8"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Onverwags<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Elsa Winckler<\/p>\n\n\n\n<p>Dis seker nie di\u00e9 meet-cute van meet-cutes nie, maar dit was cute. Of liewer, dit s\u00f3\u00fa cute gewees het as sy tien jaar jonger was. Skoon bewerig sak Tessa vinnig op haar sitplek langs die sypaadjie neer. \u2019n Ouerige man sit reeds in die hoek met sy koerant oop voor hom. Meet-cute wat haar sopas gehelp het om haar tas bo in die bagasieruim te sit, gaan sit so skuins voor haar, ook teen die paadjie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Donker hare. Se\u00ebgroen o\u00eb. Sy het net \u2019n breukdeel van \u2019n sekonde na hom gekyk, maar die presiese skakering van groen het registreer.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dis al Martine se gepraat oor jonger mans gisteraand wat haar vanoggend so laf maak.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDis tyd om uit jou grot te kruip,\u201d het haar jarelange vriendin, Martine ferm ges\u00ea. \u201cJou man het jou verruil vir \u2019n jonger nommertjie, maar dit beteken nie jy hoef op te hou lewe nie. Daar is lewe na egskeiding, glo my. Jy kan in elk geval net beter doen. Tim het dalk geld, maar hy is s\u00f3 boring, ek weet nie hoe jy dit met hom uitgehou het nie. Dis tyd om die waters te toets, Tessatjie. En dit hoef nie ou skottelgoedwater te wees nie, hoor? Helder, vars water is wat jy moet probeer. Gaan vir \u2019n jonger man, soos in sommer tien of vyftien jaar jonger as jy. Die mooiste liefdesverhale gebeur onverwags met iemand onverwags \u2013 wees te alle tye gereed daarvoor!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dit het nie gehelp om Martine daaraan te herinner sy wat Tessa is, het pas vyftig geword nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Wel, die man wie se warm hand oor hare gevou het om haar met haar tas te help, is beslis nie ou skottelgoedwater nie. Inteendeel.<\/p>\n\n\n\n<p>Haar wange raak sommer weer rooi. Sy buk vinnig en tel haar handsak op. Sal sy nou sit ek kwyl oor \u2019n man wat seker haar kind kon wees. Bea het \u2019n boodskap gestuur wat sy nog nie gelees het nie, sy haal haar foon uit. Haar meisiekind is elke drie weke op iemand anders verlief, sy het heelwaarskynlik iets te vertel oor \u2019n nuwe liefde. Die vreugde van jonkwees.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p><em>Kom eet by my as Ma land? Ek het \u2019n verrassing&nbsp;<\/em>J<\/p>\n\n\n\n<p>Tessa glimlag. Sy weet klaar wat Bea se verrassing is \u2013 haar volgende liefde. Moenie sommer settle nie, raak gereeld verlief, was haar raad aan Bea na haar egskeiding. En dit lyk asof Bea haar letterlik opneem. Elke paar weke is daar \u2019n ander man wat haar meisiekind kortasem maak. Sy tik \u2019n boodskap.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Ek sien uit om hom te ontmoet.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Sy stuur die boodskap net toe daar \u2019n gewoel in die paadjie is. Tessa druk haar handsak onder die sitplek voor haar in. \u2019n Groot vrou kom waggelend die paadjie afgestap en stop langs haar.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cSkuif op!\u201d beveel sy vir Tessa ongeskik.<\/p>\n\n\n\n<p>Tessa wil-wil haar vererg, sy het betyds haar plek bespreek, self bespreek. Op die internet. \u2019n Oorwinning vir haar. Maar vir konflik sien sy nie kans nie en sy buk om haar handsak op te tel sodat sy kan skuif.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cNeem my sitplek.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dis Meet-cute. En o, aarde, die man se warm whiskey-stem dop haar binnegoed heel om. Hy beduie vir die vrou waar sy sitplek is. Sonder om dankie te s\u00ea, waggel die vrou tot by sy sitplek en plons neer.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Tessa hou haar handsak teen haar vas.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMag ek?\u201d vra Meet-cute met \u2019n skewe glimlag en beduie na die oop sitplek langs haar.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDis oukei, ek kan skuif &#8230;\u201d begin sy en staan op. Voor sy nog kan beweeg, glip hy voor haar verby en neem plaas op die middelste sitplek.<\/p>\n\n\n\n<p>Die lugwaardin kom die paadjie afgestap en Tessa gaan sit. Verbouereerd soek sy na haar gordel.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cKom ek help,\u201d s\u00ea Meet-cute en voor sy kan keer, klik hy die gordel vas en trek dit styf. \u201cNou\u2019s jy veilig.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Veilig? Nie die woord wat sy sou gebruik het nie. Die spul vlinders op haar maag is \u2019n duidelik aanduiding sy is alles behalwe \u2018veilig\u2019.<\/p>\n\n\n\n<p>Die vliegtuig styg op, Meet-cute haal sy rekenaar uit en begin werk, sy ontspan baie effens en maak haar o\u00eb toe.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy is so bly sy het al haar moed bymekaar geskraap en tog maar die naweek by Martine in Johannesburg gaan kuier. Om self \u2019n vliegtuigkaartjie te bespreek, was traumaties, maar sy was so in haar skik toe sy dit maklik reggekry het&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Tim het gewoonlik hulle geldsake bestuur, sy sekretaresse het vliegtuigkaartjies bespreek en selfoon-aankope hanteer. Dit was regtig nie vir haar nodig om \u2019n rekenaar te h\u00ea nie, het Tim gereeld beduie. Dit was nou voor sy nuwe sekretaresse sy vrou geword het.<\/p>\n\n\n\n<p>Die aanvanklike skok om skielik alleen te wees, het oor die afgelope jaar geleidelik in verligting verander. Martine is reg, Tim \u00eds baie boring. En sy geniet die uitdaging om nuwe dinge aan te leer. Sy het deesdae selfs \u2019n rekenaar en \u2019n e-posadres. Sy kan Whatsapp en sy het self ook Telegram gekry op Bea se aanbeveling.<\/p>\n\n\n\n<p>Langs haar beweeg Meet-cute en sy been druk teen hare. Haar o\u00eb vlieg oop en sy draai haar kop. Seegroen o\u00eb bekyk haar geamuseerd.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cSo jy slaap nie regtig nie?\u201d vra hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy skud haar kop.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het werk om te doen, maar ek het nie geweet ek gaan langs so \u2019n mooi vrou sit nie. Jy hinder my.\u201d Sy grinnik maak haar lam tot in haar tone, dis \u2019n goeie ding sy sit.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk is baie ouer as jy,\u201d s\u00ea sy styf en haal die tydskrif wat in die sakkie voor haar gedruk is, uit.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJy\u2019s gorgeous en as jy dit nie weet nie, is dit baie hartseer. Ek weet nie hoe oud jy is nie en dit maak ook nie saak nie. Jy hinder my.\u201d Hy draai terug na sy rekenaar en begin tik.<\/p>\n\n\n\n<p>Tessa blaas haar asem stadig uit. Sy dink nie sy het al ooit in haar lewe \u2019n man ge-\u2018hinder\u2019 nie. Die blote gedagte maak haar skoon lighoofdig. O, flip, dit gaan die langste twee ure van haar lewe wees.<\/p>\n\n\n\n<p>***<\/p>\n\n\n\n<p>Teen die tyd wat sy aan Bea se deur klop, het haar binnegoed darem effens tot bedaring gekom. Maar o, aarde, die uitdrukking in Meet-cute se seegroen o\u00eb, sal sy nie gou vergeet nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die deur vlieg oop. \u201cMamma!\u201d roep Bea en slaan haar arms om haar. \u201cEk het na jou verlang. Ek hoor by Martine julle het so lekker gekuier en van alle dinge oor skottelgoedwater gesels,\u201d giggel sy. Sy leun effens vooroor. \u201cEk het \u2019n verrassing vir jou,\u201d fluister sy.<\/p>\n\n\n\n<p>Tessa gee vir haar meisiekind \u2019n drukkie. Sy is so trots op haar. Bea het einde verlede jaar haar leerlingklerkskap by \u2019n prokureursfirma voltooi en is van die begin van die jaar af een van die senior prokureurs by die maatskappy.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle stap deur tot in die ruim woonkamer. Voor die groot vensters staan \u2019n donkerkop man en nog voor hy omdraai, registreer Tessa twee dinge: dis Meet-cute van die vliegtuig en die feit dat hy hier is, beteken net een ding \u2013 hy is die nuwe liefde in Bea se lewe. Haar maag en hart duik gesamentlik grond toe.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMamma, ontmoet vir Conrad. Conrad Viviers. Ons het mekaar in die hysbak ontmoet, hy het sy eie IT-maatskappy op een van die ander vloere in die gebou waar ons kantore ook is. Conrad, my ma, Tessa Viviers.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Vandat Bea begin praat het, het die uitdrukking op sy gesig deur \u2019n hele paar veranderinge gegaan. Op die oomblik glimlag hy baie effens, maar daar is honderde vrae in sy o\u00eb.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die voordeurklokkie lui weer.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cNet \u2019n oomblik. Conrad, skink asseblief solank vir my ma iets om te drink, sal jy?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Conrad stap na die tafel waar twee bottels wyn en glase staan. \u201cTessa,\u201d s\u00ea hy. \u201cEk het gewonder wat jou naam is. Dit pas by jou. Wat drink jy?\u201d vra hy.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cUhm &#8230;\u201d Sy kyk na die bottels op die tafel, maar sy neem nie regtig in wat sy sien nie. Al waarvan sy bewus is, is Conrad se teenwoordigheid. Ten minste hoef sy nie meer aan hom te dink as \u2018Meet-cute\u2019 nie, hy\u2019t nou \u2019n naam.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie ros\u00e9?\u201d vra hy en tel die bottel op. \u201cEk het hierdie al gedrink \u2013 heerlik droog met note van rooswater, kiwi en lemoenbloeisels.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy kan sien sy mond beweeg, maar sy neem hoegenaamd niks in wat hy s\u00ea nie. Haar o\u00eb het op sy mond vasgesteek en dis moeilik om aan enigsins logies te dink om te s\u00ea. Hoe sal dit wees om hom te soen? \u2019n Kreun glip amper uit. Liewe aarde, waaraan d\u00ednk sy?<\/p>\n\n\n\n<p>Hy skink wyn in die een glas een gee dit vir haar. \u201cEn as jy langer so na my kyk, gaan ek geen keuse h\u00ea as om jou te soen nie.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Agter haar is voetstappe en Bea se vrolike lag. Verlig, draai Tessa om. Wat \u2019n situasie om in te wees. Sy het skoenlappers op haar maag en dit oor haar dogter se boyfriend! En erger nog \u2013 hy flirt met haar en hy is veronderstel om by Bea te wees. Iewers sal sy die moed bymekaar moet skraap om vir haar kind te s\u00ea wat gebeur het.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Maar die dag het nog \u2019n skok. Bea is nie alleen nie. \u2019n Ander man, sy arm styf om Bea se lyf, stap saam met haar in. Bea se o\u00eb blink.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat op aarde &#8230;?<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMamma, ontmoet vir Rick. Rick Schoeman. Rick, dis my ma, Tessa Viviers.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sonder om sy arm van Bea se skouers af te haal, groet Rick vir Tessa met \u2019n stywe handdruk.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHallo &#8230; Rick. Bea, uhm &#8230;wie is &#8230;?<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMamma, Rick en ek &#8230; ons &#8230;\u201d Bea se wange vlam rooi en laggend leun sy teen Rick skouer.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWat Bea sukkel om te s\u00ea,\u201d lag Rick en soen haar, \u201cis ons is bymekaar. Ek vrek oor jou dogter, Tessa. Mag ek maar Tessa s\u00ea? Jy is heeltemal te jonk vir \u2018tannie\u2019.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Tessa kyk na Conrad en toe na Rick terwyl haar brein sukkel om al die deurmekaar kolletjies te verbind. As Rick en Tessa saam is, wat is Conrad van Bea?<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMamma, kom help gou vir my in die kombuis,\u201d s\u00ea Bea en hou haar hand uit.<\/p>\n\n\n\n<p>Tessa gryp haar meisiekind se hand vas en stap saam met haar kombuis toe. \u201cAs Rick jou boyfriend is, wat is Conrad?\u201d fluister sy. \u201cOf date jy albei?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Bea lag uit haar maag. \u201cMamma,\u201d kry sy uiteindelik uit, \u201c&#8230; jy\u2019s so snaaks!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Tessa vou haar arms om haarself. \u201cWat is so snaaks? Ek sit langs die man in die vliegtuig, hy &#8230; hy s\u00ea vir my allerhande goed &#8230; en toe\u2019s hy hier. By jou. En ek aanvaar hy is jou boyfriend en &#8230;\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Teen die tyd wat Tessa klaar is haar onsamehangende gebrabbel, is Bea se wenkbroue tot teen haar haarlyn opgetrek. \u201cBack up. In die vliegtuig? Wil Mamma vir my s\u00ea julle het op die vliegtuig ontmoet? Vandag? En wat het hy vir jou ges\u00ea? Want jy het \u2019n &#8230;\u201d Sy beduie met haar hande, \u201c&#8230; glow om jou.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het hom nie regtig ontmoet nie, maar &#8230;\u201d Tessa gooi haar hand in die lug. \u201cHy het langs my op die vliegtuig beland.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEn toe?\u201d vra Bea, half uitasem.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEn toe niks nie.\u201d Tessa lag moedeloos. \u201cHy kon my kind gewees het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHy is twee-en-veertig, my liewe Ma. Toe Martine vanoggend vir my laat weet julle het oor ou skottelgoedwater gesels, het ek dadelik geweet wie ek aan jou wil voorstel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJy is heeltemal laf, Bea. Ek is \u2019n ou vrou &#8230;\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJy\u2019s gorgeous, ek het jou al ges\u00ea,\u201d s\u00ea Conrad agter haar.<\/p>\n\n\n\n<p>Vervaart draai sy om. \u201cConrad &#8230; dis heeltemal belaglik, ek weet wat Bea besiel het nie &#8230;\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk neem solank die slaai in,\u201d s\u00ea Bea, haar stem vol lag.<\/p>\n\n\n\n<p>Skielik weet Tessa nie wat om met haar hande te maak nie. Maar dit maak nie saak nie, wat Conrad weet. Hy tel dit op in syne en trek haar nader. \u201cOns ken mekaar nie. Maar ek wil alles van jou af weet. Toe ek jou vanoggend sien, het ek hier &#8230;\u201d Hy druk sy hand teen sy lyf, \u201c&#8230; net geweet ons hoort bymekaar.\u201d Terwyl hy praat, trek hy haar nader totdat sy styf teen hom staan, hulle monde sentimeters van mekaar af.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk is geskei &#8230;\u201d begin sy.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy kop buig stadig af. \u201cEk het ook bagasie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Warm lippe vou om hare en elke liewe beswaar wat sy gehad het, verdwyn in die niet. Hierdie man weet van soen.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Hy lig sy kop. \u201cEn Tessa,\u201d prewel hy teen haar mond. \u201cEk wil nooit weer sonder jou wees nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy knik. Praat is nog nie moontlik nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy vat haar hand. \u201cKom ons hoor by Bea watter datum sal haar pas.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDatum?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het jou ges\u00ea ek wil nooit weer sonder jou wees nie. Ek is miskien nie die eerste man wat liefgeraak het vir jou nie, maar ek wil die laaste een wees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Op wolke stap sy saam met hom terug na die woonkamer. Liefgeraak. Sommer so binne die bestek van \u2019n dag. Onverwags met iemand onverwags.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Martine kry beslis die eerste uitnodiging.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onverwags Elsa Winckler Dis seker nie di\u00e9 meet-cute van meet-cutes nie, maar dit was cute. Of liewer, dit s\u00f3\u00fa cute gewees het as sy tien jaar jonger was. Skoon bewerig sak Tessa vinnig op haar sitplek langs die sypaadjie neer.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1759,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[9,6,4],"tags":[254,255,218,256,257],"class_list":["post-1761","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-other-blogging","category-books","category-writing","tag-desembermei","tag-liefdeopdievliegtuig","tag-liefdewen","tag-onverwagseliefde","tag-tweedekansopgeluk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1761","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1761"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1761\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1762,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1761\/revisions\/1762"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1759"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1761"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1761"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1761"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}