{"id":1753,"date":"2022-02-10T08:50:32","date_gmt":"2022-02-10T06:50:32","guid":{"rendered":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1753"},"modified":"2022-02-10T08:50:33","modified_gmt":"2022-02-10T06:50:33","slug":"kortverhaal-7","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1753","title":{"rendered":"Kortverhaal 7"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Wat \u2019n vrou wil h\u00ea<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Elsa Winckler<\/p>\n\n\n\n<p>Klara kners op haar tande en begin tussen die mense deur in die stampvol kuierplek in die hartjie van Kaapstad \u2019n pad oopveg.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy moes eintlik maar huis toe gery het, in die bed geklim het en haar kop toegetrek het op die dag, die aand en al haar patetiese pogings om op dertig \u2019n man te kry vir een date. Dis nie asof sy met die vent wil trou nie. Asseblief nie. As die oudste van ses kinders wat moes help grootmaak aan haar sibbe, het sy geen behoefte om ooit weer \u2019n baba vas te hou nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Om aandele in die besigheid te koop waar sy werk, d\u00eds haar doel in die lewe. Oor dividende kan sy droom, om nooit, ooit afhanklik van iemand anders te wees nie, d\u00eds wat sy wil bereik. Mans en babas? Seriously?<\/p>\n\n\n\n<p>Een date. Vir die kantoor se jaareindfunksie. Sy het nog altyd di\u00e9 partytjie op haar eie bygewoon. Maar as sy ernstig opgeneem wil wees, het die grootbaas se sekretaresse verduidelik, sal sy pogings moet aanwend wat daarop dui sy gaan nie gou bedank nie. Byvoorbeeld, bring \u2019n man na die funksie sodat jy kan wys jy het \u2019n stabiele persoonlike lewe.<\/p>\n\n\n\n<p>Asof \u2019n man noodwendig stabiliteit beteken. Maar oukei, sy kan die game speel, so goed soos enige man.<\/p>\n\n\n\n<p>Daarom was op soek na \u2019n man wat sy kan voorstel aan die baas, een wat haar kan help om haar droom te verwesenlik om eendag onafhanklik te kan lewe. En dis nie asof sy \u2019n ellelange lys vereistes het nie. Glad nie. Sy het lank terug uitgevind om nie veel te verwag van die teenoorgestelde geslag nie \u2013 hulle stel gewoonlik teleur.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Kry vir jou iemand aanlyn, het haar vriendinne haar aangemoedig, almal doen dit. Binne minute het hulle vir haar \u2019n aanlynprofiel opgestel en kon sy begin kies. En daar was sowaar \u2019n paar mans wat op papier in elk geval, heel aanvaarbaar gelyk het.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Maar die afgelope week se afsprake het haar opinie oor mans net bevestig. Ewe hoopvol het sy elke aand een van die gesigte wat sy aanlyn&nbsp;&nbsp;mee kontak gemaak het, ontmoet. Maar haar voorneme om ongetroud en sonder kinders te bly, is net bevestig. As die spulletjie lamsakke \u2019n voorbeeld is van vandag se mans, moet hulle beslis ontmoedig word om ooit voort te plant.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Sy skuifel-skuifel vorentoe. Dankie, tog. Ava se poniestert is \u2019n entjie vorentoe al sigbaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Mense stamp teen haar en die volgende oomblik word sy vasgevang tussen die rugkante van twee mans, haar gesig styf teenaan een in \u2019n spierwit hemp.<\/p>\n\n\n\n<p>Grimmig druk sy teen die rug voor haar en trek haar asem in om die man te vra om asseblief pad te gee. Maar \u2019n hemelse reuk wat haar laat dink aan soel nagte trek tot diep in haar longe. Wow.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cKlara!\u201d hoor sy van veraf. Agter haar is \u2019n beweging, sy is nie meer vasgedruk nie en kan aanstap, maar \u2026&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Asof vasgevang deur \u2019n vreemde krag, kyk sy op na die man se bre\u00eb skouers. Die vertrek kantel.<\/p>\n\n\n\n<p>Die lyf in die wit hemp beweeg, oor sy skouer lag donkerbruin o\u00eb af na haar. Alles om haar word stil, die gedruis van die mense vervaag, sy kan nie wegkyk nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHallo.\u201d Sy stem is diep, sexy. En genade, sy het al van gebeitelde kakebene gehoor, maar die man s\u2019n is heeltemal belaglik.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Blos kruip teen haar nek op. Sal sy nou na \u2019n man se skouers en kakebene staan en staar soos \u2026 soos \u2026 Ni\u00e9mand doen so iets nie!&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJy staan die paadjie toe,\u201d brom sy voor sy wegvlug.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Weke lank soek sy al na \u2019n man wat haar net min of meer interesseer. Na vanaand se aaklige date het sy moed opgegee. En sowaar, terwyl sy op pad is om vir haar pelle te s\u00ea sy gaan vrede maak met die feit dat sy nie deel van die maatskappy waar sy werk, gaan word nie, loop sy \u2019n man raak wat haar knie\u00eb lam maak, haar kop laat draai en al die lawwe gevoelens in haar wakker maak waarvan haar vriendinne gereeld vertel en wat sy nog nooit, ooit in dertig jaar ervaar het nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy het wragtig tot haar kinders in sy o\u00eb gesien. Die simpel re\u00ebl uit een of ander song het haar altyd \u2019n kramp gegee, maar sy kan sweer dis wat sy sopas gesien het. Kinders. In die o\u00eb van \u2019n man wat sy heelwaarskynlik nooit weer gaan sien nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cKlara!\u201d Uiteindelik sien sy die tafel waar Ava, Lientjie en Mara vir haar sit en wag.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDit was \u2019n gesukkel. Hoekom op aarde het julle di\u00e9 plek gekies?\u201d Klara gaan sit vinnig, haar binnegoed nog skoon bewerig.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cKom sit, ek verduidelik,\u201d s\u00ea Lientjie. \u201cEk weet nou hoekom al jou dates flop.\u201d Sy en haal \u2019n tydskrif uit haar groot handsak, \u201cOns het die hele ding verkeerd benader. Die aanlyn-ding het beperkinge waarvan ek nie geweet het nie.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHierso,\u201d s\u00ea Mara en stop \u2019n glas vonkelwyn in haar hand. \u201cJou gunsteling. Ek dink Lientjie het iets beet.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDi\u00e9 keer kan jy maar luister,\u201d voeg Ava ook by.<\/p>\n\n\n\n<p>Klara neem \u2019n groot sluk van die vonkelwyn. Die man in die wit hemp se geur is nog om haar, in haar. Haar o\u00eb soek na hom tussen die mense, maar hy het verdwyn.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJy moet \u2019n man van aangesig tot aangesig ontmoet, dis die enigste manier hoe jy kan seker maak hulle sal bymekaar pas.\u201d Lientjie beduie na die&nbsp;&nbsp;klein verhogie waar lede van \u2019n band begin regmaak vir die aand se show. \u201cEen van die dinge wat belangrik is as jy \u2019n man soek, is om te kyk hoe hy dans.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Klara skud haar kop. \u201cEk soek nie verder \u2019n man nie. Die maatskappy ken my werk en as dit nie goed genoeg is nie \u2026\u201d Sy lig haar skouers op.<\/p>\n\n\n\n<p>Ava se o\u00eb rek. \u201cMaar s\u00ea nou die volgende ou wat jy ontmoet, is die regte een?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Klara maak keelskoon. \u201cWel, om die waarheid te s\u00ea \u2026\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Lientjie maak die tydskrif oop. \u201cWag nou, man en luister. Daar is navorsing gedoen oor wat vrouens in mans wil h\u00ea. Ons kies onbewustelik \u2019n man by wie ons gesonde kinders kan h\u00ea, daarom \u2026\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cKinders?\u201d Klara snak na haar asem.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJa, oukei, oukei, ek weet hoe jy oor kinders voel. Onthou, ek het ges\u00ea, onbewustelik.\u201d Half ge\u00efrriteerd gaan Lientjie voort. \u201cLengte is belangrik. Lang mans is glo gesonder, sien, geniet meer respek en verdien meer as hulle korter kollegas. En tweedens, sy bou. Vrouens verkies mans wat sterk, gespierd en atleties gebou is. Jy weet, die tipiese smal heupe en \u2026\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c\u2026 bre\u00eb skouers,\u201d prewel Klara.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cPresies! En derdens, vrouens is aangetrokke tot mans met \u2019n sterk gesig. Dis baie interessant. Hoe meer testosteroon \u2019n man afskei gedurende puberteit, hoe swakker is sy imuunstelsel.&nbsp;&nbsp;Wanneer hulle siek is, hou die liggaam testosteroon terug om eers die virus of siekte te beveg.&nbsp;&nbsp;Mans wat wat \u2019n sterk, manlike gesig het, het dus \u2019n ho\u00eb dosis testosteroon as tiener gekry \u2013 en was gesond en sterk. Daarom maak dit sin dat hulle ook goeie pa\u2019s sal wees.&nbsp;&nbsp;Hulle is dus goeie voortplantingsmateriaal.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Lientjie haal \u2019n slag asem. \u201cEn dan moet jy \u2019n man kan ruik. Dis wat my laat besef het die aanlyn-ding gaan nie werk nie. \u2019n Man se reuk vertel jou of julle genetiese pakket genoegsaam verskil sodat julle mooi kinders kan maak. Daar is baie interessante eksperimente daaroor gedoen,\u201d voeg sy by. \u201cEn dan natuurlik, sy stem. Ons is aangetrokke tot mans met \u2019n diep stem \u2026\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c\u2026 ook om die genepoel te versterk,\u201d s\u00ea Mara by.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEn laastens \u2026\u201d begin Lientjie en en sit agteroor toe die eerste note van die band in die vertrek opklink. \u201cJy moet kyk hoe hy dans, how he moves. Dit verklap so baie dinge \u2013 hoe oud hy is, of hy gesond is, hoeveel energie hy het \u2026\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c\u2026 en dit wys natuurlik ook \u2026 uhm \u2026 hoe sy moves in die slaapkamer sal wees.\u201d Ava se o\u00eb vonkel.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Klara hap in die lug.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk weet,\u201d s\u00ea Lientjie en druk haar hand. \u201cDis \u2019n lang lys en jy dink jy sal nooit, ooit so \u2019n man ontmoet nie. En jy wil nie trou nie en jy wil nie kinders h\u00ea nie, maar \u2026\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Klara skud haar kop en lag verdwaas. \u201cEk dink ek h\u00e9t so iemand gesien. Bre\u00eb skouers, diep stem, sterk kakebene, hy ruik soos niemand anders nie en ek kan nie glo ek s\u00ea dit nie, maar ek het sweerlik my kinders in sy \u2026 Dis so corny, ek kan dit nie eers hardop s\u00ea nie!\u201d Sy lag en druk haar gesig in haar hande.<\/p>\n\n\n\n<p>Mara gryp haar hand. \u201cKinders. Jy praat oor kinders. Waar is die man?\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHy was hier. Nou net. Maar,\u201d Klara gooi haar hande in die lug, \u201chy\u2019s nou weg en wat is die kans ek loop hom weer raak?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Agter haar skuif \u2019n stoel en die volgende oomblik leun die man in die wit hemp oor haar. Donkerbruin o\u00eb vonkel.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie kans is honderd present. My naam is Douw. Douw van Wyk. Kom ons dans, Klaradyn dan wys ek jou my moves.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>***<\/p>\n\n\n\n<p>Die kantore maak reeds die dag na Nuwejaar oop. Die baas roep haar vroegoggend kantoor toe.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cKlara, goeie nuus. Die besluit was eenparig \u2013 as jy jou nog aan ons maatskappy wil verbind, wil ons graag vir jou aandele gee. Jy kan ook bykoop. Soos jy weet, is die dividende uitstekend en jy sal nooit weer oor jou toekoms bekommerd hoef te wees nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Klara glimlag breed. \u201cBaie dankie, ek aanvaar graag julle aanbod. Ek moet egter ook noem ek het ook \u2019n ander verbintenis aangegaan.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Haar baas frons. \u201cEk weet nie of dit aanvaarbaar sal wees nie \u2026\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy steek haar hand uit sodat hy die ring aan haar vinger kan raaksien.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDis \u2019n verbintenis met \u2019n ander soort dividend, een, het ek besef, waarsonder ek ook nie wil wees nie.\u201d&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat \u2019n vrou wil h\u00ea Elsa Winckler Klara kners op haar tande en begin tussen die mense deur in die stampvol kuierplek in die hartjie van Kaapstad \u2019n pad oopveg. Sy moes eintlik maar huis toe gery het, in die<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1754,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[9,6,4],"tags":[231,214,217,218,252],"class_list":["post-1753","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-other-blogging","category-books","category-writing","tag-ekskryfliefde","tag-kortverhaal","tag-liefdesverhaal","tag-liefdewen","tag-watnvrouwilhe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1753","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1753"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1753\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1755,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1753\/revisions\/1755"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1754"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1753"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1753"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1753"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}