{"id":1734,"date":"2022-02-07T07:55:18","date_gmt":"2022-02-07T05:55:18","guid":{"rendered":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1734"},"modified":"2022-02-07T07:55:18","modified_gmt":"2022-02-07T05:55:18","slug":"kortverhaal-4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1734","title":{"rendered":"Kortverhaal 4"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Die soen<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Elsa Winckler<\/p>\n\n\n\n<p>Dis nou al nege maande, hopelik is daar vandag \u2019n antwoord van die uitgewer oor haar storie.<\/p>\n\n\n\n<p>Met \u2019n glimlag en \u2019n wuif van haar arm, groet Annemarie al haar kollegas wat in die groot, oop ruimte voor hulle werkstasies sit voordat sy by haar kantoor instap en voor haar rekenaar inskuif.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Vinnige loer na haar horlosie bevestig sy het nog \u2019n halfuur voordat een of ander politikus van die opposisieparty opdaag vir \u2019n fotosessie. Rick of Mick of iemand. Sy is so ge\u00efrriteerd met die hele ding. Goed, sy verstaan daar word oral besnoei, maar sy is die leefstylredakteur, verdomp, nie \u2019n pimp vir plaaslike politici nie. Plaas dat die vent doen wat hy veronderstel is om te doen en die regering op sy tone hou. Nou wil hy sy foto in \u2019n tydskrif sien.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy blaas haar asem uit. Maar sy gaan haar nie vandag opwerk nie. Haar o\u00eb gly oor haar e-posboodskappe en haar asem raak heeltemal weg. Daar is dit \u2013 die e-pos van die uitgewer. Haar vinger huiwer bokant die lyn.<\/p>\n\n\n\n<p>Vandat sy kan onthou, lees sy liefdesverhale. Honderde, duisende, bokse vol liefdesverhale. En ja, sommige is minder goed as ander, maar die bekoring van die meeste van di\u00e9 stories laat haar keer op keer \u2019n volgende boek koop.<\/p>\n\n\n\n<p>Om self \u2019n liefdesverhaal te probeer skryf, was \u2019n logiese volgende stap. Sy wou \u2019n storie skryf wat sy graag sou wou lees. Sy het entoesiasties begin. Die storie was nie \u2019n probleem nie. Glad nie. Haar karakters het sy volgens die aanwysings van die bronne wat sy geraadpleeg het, ontwikkel. Prentjies van hoe haar heldin en held lyk, het op die aansteekbord voor haar rekenaar by die huis gepryk.<\/p>\n\n\n\n<p>Die storie het gevloei, die tweetjies het mekaar op die eerste blad ontmoet soos dit hoort, die vonke het gespat, maar toe bereik sy die punt waar die held en heldin moet soen. En net daar het sy . . . wel, stoom verloor.<\/p>\n\n\n\n<p>Die feit van die saak is, sy is ses-en-twintig en \u2019n maagd. En nog erger, volgens haar beste vriendin Leen is sy in elk geval nog nooit behoorlik gesoen nie. Skynbaar tel die skewe soen wat Klein-Koos Verwey een Kersfees vir haar gegee het toe hulle sewe was, nie. Dat sy met die soentoneel gesukkel het, is met ander woorde heeltemal normaal, gegewe haar gebrek aan ondervinding. Aldus Leen.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar sy laat haar nie onderkry nie. Sy kan oor \u2019n soen skryf sonder die nodige ervaring. Dis sekerlik net soos om \u2019n resep te volg. Die internet is \u2019n onuitputbare bron van inligting, selfs oor iets soos hoe om \u2019n soen te beskryf.<\/p>\n\n\n\n<p>Tydens haar navorsing het sy op \u2019n boek afgekom wat handel oor haar onderwerp \u2013 die soen. Die skrywer is \u2019n wetenskaplike joernalis met \u2019n biologie-agtergrond. Dit het geklink asof sy die soenery heel logies en sistematies benader en Annemarie het die boek op haar e-leser afgelaai.<\/p>\n\n\n\n<p>Aande lank het sy gelees oor hierdie interessante menslike handeling: Waar in die geskiedenis van die mensdom word die eerste keer na \u2019n soen verwys? Wat presies gebeur met jou gesigspiere wanneer jy soen? Hoekom is reuk belangrik vir potensi\u00eble soenmaats, en (iets waaroor sy nog nooit gewonder het nie) wat is die toekoms van die soen? Sy het elke moontlike brokkie inligting oor hierdie verskynsel opgeslurp en in haar storie gebruik.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy het \u2019n wenner, sy is seker daarvan. Die uitgewer moet dit net bevestig.<\/p>\n\n\n\n<p>Uiteindelik klik sy op die e-pos en maak dit oop. Dit duur \u2019n paar sekondes voordat die woorde wat sy lees, sin maak. \u2019n Hol kol vorm op die krop van haar maag.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Baie dankie vir die manuskrip. Dit voldoen egter nie aan die nodige vereistes nie. Ek hou van jou storielyn, van jou karakters, maar die tonele waar die twee hoofkarakters soen, oortuig nie. Onthou: show, don\u2019t tell. Beskryf die tonele in groter detail \u2013 skep afwagting by die leser, beskryf die held en heldin se reaksies. Byvoorbeeld, wat ervaar sy wanneer sy hande om haar gesig vou? Wat doen die kreungeluide in haar keel aan hom? Watter sintuie word gebruik? Kyk na prentjies van paartjies wat soen, kyk na flieks, kyk na mense. Eksperimenteer self. Wanneer jy di\u00e9 tonele meer geloofbaar gemaak het, kyk ek met graagte weer na jou manuskrip.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Ontsteld leun sy terug in haar stoel.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEn nou?\u201d vra Leen, die moderedakteur en haar vriendin, van die deur af. \u201cAs jy die rekenaar so aangluur?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dikmond staan Annemarie op en kyk vinnig op haar horlosie. Nog tien minute voordat sy die politikus moet laat goed lyk.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy beduie na die rekenaar. \u201cEk het uiteindelik van die uitgewer gehoor oor my storie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEn?\u201d vra Leen terwyl sy inkom en die deur agter haar toemaak. Sy buk oor die rekenaar en begin die e-pos lees.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie tonele waar die twee hoofkarakters soen, oortuig nie,\u201d haal Annemarie sarkasties aan.<\/p>\n\n\n\n<p>Leen gooi haar hand in die lug. \u201cWel, ek stem saam. Jy kan honderde boeke oor die soen lees, maar as jy dit nie self ervaar nie, kan jy nie daaroor skryf nie!\u201d Sy beduie na die e-pos. \u201cDis wat die uitgewer ook voorstel \u2013 eksperimenteer.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEn op wie sal ek nou eksperimenteer, dink jy?\u201d vra Annemarie vies terwyl sy deur toe stap. \u201cEn waar sal ek tyd kry daarvoor? As jy vier-en-twintig-sewe werk soos ons, is dit onmoontlik.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWat van . . .?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVergeet daarvan,\u201d val sy Leen in die rede. \u201cEk is beslis nie een wat teen \u2019n kroegtoonbank gaan hang in die hoop dat \u2019n man my raaksien \u00e9n skielik oorweldig word deur die lus om my te soen nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk wou s\u00ea,\u201d lag Leen, \u201c. . . wat van die internet?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMoenie laf wees nie,\u201d s\u00ea Annemarie voor die deur. \u201cBuitendien, in die boek wat ek gelees het oor die soenery, bevraagteken die skrywer internet-ontmoetings. Volgens haar is dit noodsaaklik om jou potensi\u00eble maat te kan ruik ook. Dis een van die maniere om vas te stel of julle by mekaar sal pas.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Leen begin giggel en Annemarie kan nie help om saam te glimlag nie. Met Leen in die omtrek, kan niemand lank vies bly nie \u2013 en die situasie \u00eds uiteindelik vrek snaaks. Hartseer, maar snaaks.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk moet gaan, een of ander politikus wil afgeneem wees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Leen se o\u00eb begin vonkel.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cD\u00e1\u00e1r is jou antwoord,\u201d lag sy en maak die deur oop. \u201cOefen sommer op hom!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cGmf, ek twyfel of \u2019n politikus kan soen,\u201d s\u00ea Annemarie. Sy draai om en gee \u2019n tree, maar loop haar vas in \u2019n soliede vleismuur. Sy snak na haar asem en kyk op. Vas in die diepste blou o\u00eb wat sy nog ooit gesien het. En toe is dit asof sy onder water verdwyn, sentimeter vir sentimeter. Alles om haar vervaag.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk is op soek na Annemarie Steyn,\u201d s\u00ea \u2019n stem wat beelde van swart satynlakens en soel nagte optower.<\/p>\n\n\n\n<p>Annemarie. Dis haar naam. Sy moet seker iets s\u00ea, maar hoekom wil haar mond nie saamwerk nie?<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJy het haar gekry!\u201d lag Leen vrolik. \u201cEn ek aanvaar jy is die politikus wat hier is vir \u2019n fotosessie?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hy steek sy hand uit na Leen. \u201cRick Fourie. En ja, ongelukkig het ek nie \u2019n keuse nie. Dis glo goed vir die beeld van die party,\u201d brom hy.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cAnnemarie Steyn,\u201d beduie Leen, \u201cis ons leefstylredakteur, maar word baie dae ook ingespan om die stilering by fotosessies te doen.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Nog staan Annemarie asof betower.<\/p>\n\n\n\n<p>Toe Leen aan haar stamp, kom Annemarie weer bokant die water uit. Sy skep \u2019n diep teug asem en steek haar hand uit na die man.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWelkom,\u201d prewel sy, haar mond kurkdroog.<\/p>\n\n\n\n<p>Warm vingers vou om hare en haar hart wil-wil uit haar borskas spring. Vinnig trek sy haar hand terug.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie plek waar die foto\u2019s geneem word, is di\u00e9 kant toe,\u201d s\u00ea sy kortaf en stap voor hom uit.<\/p>\n\n\n\n<p>***<\/p>\n\n\n\n<p>Rick glimlag en hurk soos die mooi blondekop vra. Hy het so opgesien na di\u00e9 fotosessie, maar vandat die meisiekind haar groen o\u00eb opgelig het na hom, is hy gefassineer. Veral toe hy besef sy is die een wat wil oefen om te soen.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy het nie bedoel om af te luister nie, maar die twee se stemme was nie juis sag nie. So hy weet: een, sy is nog nooit behoorlik gesoen nie; twee, sy wil skryf daaroor, maar moet oefen, en drie, sy het niemand om op te oefen nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou ja, hy is grootgemaak om uit te help, om na sy medemens om te sien. En as hy vandag die dametjie kan help, hoekom nie? Sy lyk vir hom juis so opgestres. \u2019n Soen van iemand wat weet hoe, is net wat sy nodig het.<\/p>\n\n\n\n<p>En vir hom sal dit beslis nie \u2019n straf wees nie. Hy wonder al die hele oggend oor haar vol, sagte pienk lippe. Maar hoe gemaak met \u2019n studio vol mense?<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Uur later kan Annemarie haar hare uit haar kop trek. Die woord oor die aantreklike politikus het beslis die rondte gedoen, want al wat vrou is wat hier werk, het kwansuis \u2019n rede ontdek om juis vanoggend vir haar \u2019n vraag te kom vra.<\/p>\n\n\n\n<p>***<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle moes al \u2019n uur gelede klaargemaak het, maar met al die onderbrekings kry sy nie gefokus nie. Die feit dat die man nog nie sy o\u00eb van haar lippe afgehaal het nie, help ook nie eintlik nie. Die uiteinde is, daar is nog nie \u2019n foto waarmee sy gelukkig is nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die fotograaf staan nader. \u201cWil jy iets anders probeer?\u201d vra hy. Dis duidelik sy geduld is op.<\/p>\n\n\n\n<p>Annemarie probeer objektief na Rick kyk, maar dis moeilik, so met sy o\u00eb op haar.<\/p>\n\n\n\n<p>Die agtergrond. Dis die fout. Die spierwit muur pas nie by die man se . . . se voorkoms nie. Alhoewel hy netjies aangetrek is, is daar iets in sy o\u00eb, iets wat nie getem kan word nie. Vir \u2019n oomblik flits \u2019n lig in die einste paar o\u00eb en sy kyk vinnig weg.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat is daar in die pakkamer wat hulle kan gebruik?<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie deur!\u201d roep sy uit en beweeg gang toe. Sy glimlag vir die fotograaf. \u201cDie deur met die \u2018distressed look\u2019 wat ons nou die dag gebruik het?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die fotograaf knik entoesiasties.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVyf minute,\u201d beduie sy vir almal en draf die gang af na die pakkamer.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy steek haar hand na die deurknop uit, maar \u2019n groot, bruingebrande hand sluit bo-oor hare en saam maak hulle die deur oop. Toe is hulle in die piepklein kamertjie en Rick druk die deur agter hom toe.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWat . . .?\u201d is al wat sy uitkry.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJy het \u2019n probleem. Een waarmee ek kan help,\u201d s\u00ea hy, doodernstig. \u201cEn ek help graag mense.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJa?\u201d vra sy, heeltemal sonder suurstof.<\/p>\n\n\n\n<p>En so, asof hy al die tyd in die w\u00eareld het, lig hy haar ken op.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk verseker jou, al is ek \u2019n politikus, ek k\u00e1n, en jy kan op my oefen.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOefen?\u201d Haar breinselle werk nou glad nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOm te soen,\u201d s\u00ea hy en buk af.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy kop sak laer totdat sy lippe millimeters van hare is. Sonskyn. Hy ruik na helder sonskyn. Sy kan iemand soen wat so ruik. Sy lippe raak-raak eers net vlugtig aan hare. Haar o\u00eb gaan toe, die soen verdiep.<\/p>\n\n\n\n<p>Vergeefs probeer sy om elke sensoriese sensasie te ontleed, om te onthou waar sy hande is, om te besluit hoe haar lyf op sy liefkosing reageer, om te kyk of haar neus in die pad is, maar sy kan nie dink nie, sy kan nie ontleed nie, sy kan nie redeneer nie, sy kan net voel.<\/p>\n\n\n\n<p>Stadig lig hy sy kop. \u201cHet jy iets geleer, dink jy?\u201d vra hy doodernstig. \u201cWant jy kan enige tyd weer op my oefen as jy wil. Miskien kan ons dit \u2019n ander tyd van die dag probeer, soos in die aand, byvoorbeeld. Of vroeg in die oggend.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Haar kop knik nog voordat haar breinselle werk. \u201cDit klink vir my na \u2019n baie goeie plan. Ek skryf \u2019n storie, sien, en ek sukkel met die soentonele.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cRegtig?\u201d vra hy en trek haar nader. \u201cEk sou dit nooit kon raai nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>En toe soen hy haar weer.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Maand later ontvang Annemarie weer \u2019n e-pos van die uitgewer.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Dit is vir ons aangenaam om jou mee te deel dat ons jou manuskrip vir publikasie aanvaar. Die soentonele slaag nou honderd present \u2013 om die waarheid te s\u00ea, ons sal hier en daar moet sny sodat sensitiewe lesers nie ontstel word nie.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Baie geluk!<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die soen Elsa Winckler Dis nou al nege maande, hopelik is daar vandag \u2019n antwoord van die uitgewer oor haar storie. Met \u2019n glimlag en \u2019n wuif van haar arm, groet Annemarie al haar kollegas wat in die groot, oop<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1735,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[9,6,4],"tags":[235,231,232,233,230,234,218,229],"class_list":["post-1734","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-other-blogging","category-books","category-writing","tag-ekskryf","tag-ekskryfliefde","tag-ekskryfsoene","tag-kantoorsoene","tag-leeromtesoen","tag-liefdeopkantoor","tag-liefdewen","tag-soene"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1734","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1734"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1734\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1737,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1734\/revisions\/1737"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1735"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1734"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1734"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1734"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}