{"id":1730,"date":"2022-02-04T09:57:07","date_gmt":"2022-02-04T07:57:07","guid":{"rendered":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1730"},"modified":"2022-02-04T09:57:08","modified_gmt":"2022-02-04T07:57:08","slug":"kortverhaal-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1730","title":{"rendered":"Kortverhaal 3"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Hoe die liefde werk<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elsa Winckler<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk wil nie hier wees nie,\u201d snuif Lindie en soek in haar handsak na snesies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk kan jou verseker, dis ook die laaste plek waar ek wil wees,\u201d s\u00ea Madelein hoogs ge\u00efrriteerd terwyl sy berekend rondkyk. Die kuierplek in die Kaapse Waterfront is, soos gewoonlik op \u2019n Vrydagaand, gepak.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMaar ek wil vir eens en altyd aan jou bewys romantiese liefde bestaan nie. Wat elke twee weke met jou gebeur, is maklik om te verklaar. Dis bloot biologie, jou brein maak jou allerhande goed wys.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMaar \u2026\u201d begin Lindie en haar onderlip bewe.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;Madelein gee haar nie kans om weer te begin huil nie. \u201cDis soos om verslaaf te raak \u2013 elke keer wanneer jy dink jy\u2019s verlief op \u2019n hunk met \u2019n six-pack, is daar aktiwiteit in die primitiewe deel van jou brein, die deel wat te doen het met behoeftes, met cravings, en as gevolg van ho\u00ebr dopamienvlakke in jou brein, verbeel jy jou jy\u2019s verlief.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verontwaardig snuif Lindie haar neus. \u201cEk was regtig lief vir Pieter,\u201d snik sy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Madelein skud haar kop. \u201cNee, jy dink net so. Mans kyk rond, dis \u2019n feit. Jy kan nie elke keer aan die huil gaan wanneer dit gebeur nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMaar hy is so gorgeous,\u201d s\u00ea Lindie en snuif weer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Madelein beduie om hulle. \u201cKyk om jou rond. As jy \u2019n man wil h\u00ea, kan jy kies en keur na hartelus. Hier is hunks, sexy mans, mooi mans en ja oukei, sommige is te mooi en kyk net na ander mans, maar ek gaan jou wys om verlief te raak, is \u2019n mite.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHoe weet jy dit?\u201d vra Lindie vies. \u201cJy werk heeldag in \u2019n kosmetiek-laboratorium waar geen mans is nie. Na jou mislukte liefdesverhouding jare gelede, het jy nog nooit weer \u2019n man in jou lewe toegelaat nie. Jy\u2019s geen ekspert oor die liefde nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMaar ek is,\u201d s\u00ea Madelein. \u201cEk het juis t\u00f3\u00e9 begin navorsing doen oor romantiese liefde \u2013 waar dit vandaan kom, hoekom dit gebeur, ensovoorts. Dis bloot chemiese stowwe in jou brein. Die oomblik wanneer jy d\u00edt besef, kan die cute ou in die gym maar sy flikkers vir jou gooi, jy weet die butterflies wat jy kry, is net die vlakke van die hormoon dopamien wat styg,&nbsp;norepinefrienproduksie wat toeneem. Maar, herstel jou hormoonvlakke na normaal, is die euforie verby.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEn hoe wil jy dit nogal bewys?\u201d snuif Lindie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns gaan \u2019n eksperiment herhaal wat ene prof Arund, \u2019n sielkundige gebruik het tydens \u2019n studie om uit te vind waarom mense verlief raak. Eerstens, kry \u2019n wildvreemdeling, tweedens, vertel hom intieme besonderhede van jouself en hy moet dieselde doen en stap drie, staar diep in mekaar se o\u00eb vir vier minute sonder om te praat.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lindie het heeltemal ophou snuif. \u201cIs jy ernstig?\u201d vra sy en begin giggel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDoodernstig,\u201d s\u00ea Madelein. \u201cVolgens die professor, sal jy na vier-en-dertig minute aangetrokke voel tot mekaar. Maar, en dis nou my idee, as \u2019n mens presies weet waarmee jy besig is, kan jy objektief bly omdat jy weet dis jou brein, jou hormone. Dis nie permanent nie en jy gaan aan met jou lewe. Geen gehuil&nbsp;&nbsp;nie.\u201d Madelein swaai haar hand in die rondte. \u201cKyk \u2019n bietjie rond. Sien jy potensi\u00eble proefkonyne?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die eerste keer vandat hulle ingestap het, kyk Lindie rond. En sy glimlag. Madelein sug verlig. Al vergeet Lindie net vir \u2019n paar uur van Pieter, was die aand nie \u2019n volslae mislukking nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lindie se kop swaai terug, haar o\u00eb steek bokant Madelien se kop vas.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het so \u2019n idee ons hoef nie verder te soek nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">***<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&#8220;Wat maak ons hier?\u201d vra Kobus uit die hoek van sy mond, maar glimlag vir die twee vrouens by die tafel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns gaan help met \u2019n eksperiment,\u201d s\u00ea Philip onderlangs.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Toe die twee donkerkoppe vroe\u00ebr instap, het al wat \u2019n man is, se o\u00eb in hulle rigting gedraai. Syne ook. Hy hou van vrouens en die twee is beslis iets vir die oog.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle het by die tafel reg langs hom en sy vriende gaan sit. Aanvanklik het hy hom nie aan die vrouens se pratery gesteur nie, sy vriende was nog besig om vanmiddag se game te ontleed. Dis eers toe hy die woord \u2018brein\u2019 hoor en die oorvereenvoudige verduideliking wat gebeur wanneer mense verlief raak, wat hy skaameteloos afgeluister het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy en Kobus stap om die tafel en helder blou o\u00eb vang syne vas, iets beweeg in sy binneste, half verdwaas sluk hy. Maar sy kyk hom koelbloedig op en af asof hy \u2019n laboratoriumrot is en hy byt op sy tande. Hy sal graag vir haar wil help om duidelikheid te kry.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHallo,\u201d glimlag hy. \u201cEk is Philip en dis Kobus,\u201d s\u00ea hy en trek twee stoele nader.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMadelein en Lindie,\u201d s\u00ea sy en beduie na haar vriendin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Philip gaan sit styf teen Madelein en vat haar hand in syne. Tyd is min. Haar o\u00eb rek.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cWat doen jy?\u201d vra sy kil en probeer haar hand wegtrek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVertel my van jouself,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar mond gaan oop, maar sy kyk by hom verby na haar vriendin, en sy glimlag.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNou goed. Wat wil jy weet?\u201d vra sy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy kry nie asem nie. Madelein probeer \u2019n teug skep, maar haar lyf is te klein. Sy duim vryf oor haar pols. Twee minute in die man se geselskap, en sy is in die moeilikheid.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis net haar brein, daar is aktiwiteit in die ventrale tegmentale area van die brein, die A10-selle maak dopamien, \u2019n natuurlike stimulant en dit versprei na die res van die brein. Dis hoekom sy lighoofdig is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teen m\u00f4re is alles weer terug na normaal. As sy net kon opstaan, maar hierdie is vir Lindie. Buitendien, hoe lank kan vier-en-dertig minute nou wees?&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy wag vir \u2019n antwoord. Wat was die vraag nou weer? O, ja.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk werk in \u2019n kosmetieklaboratorium,\u201d s\u00ea sy. \u201cEn jy?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMediese dokter. Johannesburg.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy ontspan effens. Na vanaand hoef sy hom nooit weer te sien nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSo hoe beland jy hier?\u201d vra sy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cStormers game.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEn jy vlieg wanneer terug?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOor so twee ure.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cGreat,\u201d glimlag sy verlig en kyk vlugtig na haar horlosie. \u201cTer wille van Lindie, is ons besig met \u2019n eksperiment. Ek wil aan haar bewys romantiese liefde bestaan nie regtig nie, jou brein laat jou glo jy is verlief.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEn die eksperiment?\u201d vra hy, sy o\u00eb halfmas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;\u201cEk en jy is vreemdelinge, ons het inligting gedeel. Stap drie s\u00ea ons moet vir vier minute in mekaar se o\u00eb kyk. Sit bietjie nader,\u201d beveel sy en rus haar elmboog op die tafel, haar ken in haar hand.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy hou nie baie van die lig in sy o\u00eb nie, maar sy kan nie nou kop uitdraai nie. Philip skuif nader, stut sy ken ook in sy hand. Hulle gesigte is \u2019n paar sentimeter van mekaar af, hulle o\u00eb op mekaar.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis oraait, sy kan dit doen, sy ken hom nie. Sy weet wel hy het die mooiste, mooiste bruin o\u00eb wat sy nog gesien het. Sy trek haar asem rukkerig in, sy muskusgeur spoel oor haar. Elke senuweepunt in haar lyf begin tintel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat is aan die gebeur? Half paniekerig probeer sy wegkyk, maar hy lig sy hand en hou haar gesig in plek.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is iets in sy o\u00eb wat haar knie\u00eb lam maak, haar mond droog. En sy kry nie asem nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis net haar dopamienvlakke wat styg, dis biologie, dis haar brein, dis nie r\u00earig nie. Maar maak nie saak hoeveel keer sy dit vir haarself s\u00ea nie, haar lyf het ander idees. Sy kan tog haar brein beheer, hoekom word die regte seine nie na die res van haar lyf gestuur nie?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEn wat gebeur nou?\u201d vra Philip.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Madelein spring op. Of vier minute verby is of nie, hier moet sy vinnig wegkom.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNou is die eksperiment klaar,\u201d glimlag sy. \u201cKom, Lindie, ons kan waai!\u201d roep sy en begin na die uitgang stap.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Voor sy \u2019n tree verder gee, vou \u2019n hand om haar bo-arm en word sy teruggedraai.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cWat \u2026?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gesmelte sjokolade. Dis soos sy o\u00eb nou lyk. Philip buig haar oor sy arm en soen haar. Soen haar soos sy nog nooit, ooit gesoen is nie. Haar hart struikel en ruk tot stilstand.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis chemie, dis al. Dopamien is \u2019n stimulant, dis die enigste rede \u2026 Maar die soen verdiep en die besef sink stadig in: dis nie net haar brein wat hier betrokke is nie, elke senuweepunt, elke sintuig, vrek, elke bleddie orgaan in haar lyf neem entoesiasties deel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNet biologie?\u201d glimlag Philip stram.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volgende oomblik staan sy alleen en staar verstom na sy rug.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMadelein!\u201d lag Lindie langs haar. \u201cJy\u2019s reg! Ek en Kobus het so lekker gesels. En ja, ek het so \u2019n bietjie kortasem geraak toe hy glimlag, maar ek het net elke keer vir myself ges\u00ea, dis net jou dopamienvlakke, Lindie.\u201d Sy haak by Madelein in. \u201cEk is nie verlief nie!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Madelein gee een tree voor die ander, knik haar kop, glimlag selfs, maar logiese sinne is onmoontlik.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy het so waar as wragtig binne sekondes haar hart verloor. Sy weet nie meer van haar dopamienvlakke nie, wat sy wel weet is, sy is verras, verlore, verlief.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">***<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Week later l\u00ea sy uitgemergel van verlange op haar bed toe haar foon blieb. Dis \u2019n boodskap op Facebook:\u00a0<em>Hoe gaan dit met jou dopamine-vlakke. Myne is deur die dak. Philip.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met \u2019n snik begin sy tik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Myne ook.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sekondes later blieb haar foon weer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Sien jou more.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSo, dis hoe die liefde werk?\u201d vra sy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cJa,\u201d antwoord hy. \u201cVertrou my ek is \u2019n neurochirurg. En ek ken al die paadjies na jou brein.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe die liefde werk Elsa Winckler \u201cEk wil nie hier wees nie,\u201d snuif Lindie en soek in haar handsak na snesies. \u201cEk kan jou verseker, dis ook die laaste plek waar ek wil wees,\u201d s\u00ea Madelein hoogs ge\u00efrriteerd terwyl sy<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1732,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[9,6,4],"tags":[222,223,225,218,227,228,224],"class_list":["post-1730","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-other-blogging","category-books","category-writing","tag-dishoedieliefdewerk","tag-dopamienvlakke","tag-ekskryfkortverhale","tag-liefdewen","tag-maandvanliefde","tag-valentynsdag","tag-ekskryfafrikaans"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1730","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1730"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1730\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1733,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1730\/revisions\/1733"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1732"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1730"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1730"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1730"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}