{"id":1724,"date":"2022-02-03T09:16:26","date_gmt":"2022-02-03T07:16:26","guid":{"rendered":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1724"},"modified":"2022-02-03T09:16:27","modified_gmt":"2022-02-03T07:16:27","slug":"kortverhaal-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1724","title":{"rendered":"Kortverhaal 2"},"content":{"rendered":"\n<p><strong>Die hart<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Elsa Winckler<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cGeskenk. Twintig rand. Ek het dit,\u201d s\u00ea Annie ingedagte en kyk moedeloos na die lang lys e-posse wat sy nog moet deurwerk voordat sy by haar eintlike werk kan kom. Dis wat gebeur wanneer mens \u2019n week lank jou rekenaar, tablet of selfoon ignoreer.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cAnnie, jy luister nie!\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Annie sug en loer bo-oor haar rekenaar na haar persoonlike assistent. \u201cEk luister, Tilla. Ek moet \u2019n persent koop vir twintig rand en \u2026\u201d Sy ruk vinnig haar bril van haar gesig af. \u201cTwintig rand. Wat kan mens koop vir twintig rand? Wie se simpel idee is dit?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Tilla glimlag vermakerig. \u201cEk het geweet jy luister al weer nie. Die prys is deel van die pret, man. En dis ons nuwe baas se idee.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Pret. Geskenk. Sy het definitief nie alles gehoor wat Tilla s\u00ea nie. Annie druk haar skootrekenaar toe. \u201cBegin van vooraf. Waarvoor is die geskenk en wie gaan pret h\u00ea?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cAs jy jou e-posse gelees het, sal jy weet dat die baas al twee weke gelede die vennote en hulle assistente genooi het vir \u2019n ete by sy huis vanaand. En hy\u2019t gevra almal moet \u2019n geskenkie van twintig rand koop en saambring, glo vir een of ander speletjie. Ek herinner jou eintlik net.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die nuwe baas. Derek Sadie. Die hoofrede hoekom sy haarself \u2019n week-lank afgesny het van die buitew\u00eareld. Sy en die man het van dag een af net eenvoudig koppe gestamp. Oor alles.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Sy was dolgelukkig. Haar werk was een groot plesier. As \u2019n vennoot by \u2019n suksesvolle prokureurspraktyk in Kaapstad, was haar dag besig, vol uitdagings. Saans het sy en vriende die Kaapse naglewe geniet en naweke kon sy luilekker by haar ma in Kommetjie deurbring of saam met vriende kuier.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>En toe tree haar baas af en \u2019n nuwe besem arriveer. Een met blousel-blou o\u00eb, middernagswart hare en \u2019n lang, lenige lyf. Verbysterend aantreklik. En mislik. Haar hele lewe word omgedolwe. Hy bevraagteken alles wat sy doen, verander alles wat vir jare al werk en hy bly onder haar voete. As sy haar kom kry, is sy weer eens die teiken van ysige blou, blou o\u00eb.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Wat sy aan die man gedoen het, weet nugter, maar dat hy haar nie kan verdra nie, is baie ooglopend. Soveel so, dat van haar kollegas al hardop gewonder het hoekom die man haar uitsonder vir sy sarkasme.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cKersfees is mos darem al \u2019n maand lank verby, hoekom nou geskenke koop?\u201d vra sy ge\u00efrriteerd.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Tilla giggel. \u201cHy glo die speletjie bring mense se verborge persoonlikhede na vore. En onthou, jy kan nie iets wen nie, so jy kan jou kompeterende streep maar by die huis los.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Annie snork onvroulik en maak weer haar skootrekenaar oop. Sy begin lees deur haar e-posse. \u201cEk is nie kompeterend nie, ek hou net daarvan om my beste te lewer. Maar jy sal maar \u2019n verskoning vir my moet uitdink, ek gaan beslis nie \u2019n aand lank in sy geselskap deurbring nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWat is dit met jou en die man? Het jy die hots vir hom of wat?\u201d lag Tilla.<\/p>\n\n\n\n<p>Annie gluur haar aan. \u201cMoenie verspot wees nie, Tilla, ons kan mekaar nie verdra nie. Ek het nie tyd of lus vir \u2019n ete saam met Derek Sadie om dieselfde tafel nie &#8230;\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJammer juffrou Du Plessis, almal moet daar wees vanaand, ons gaan ook ons visie en missie vir die jaar bespreek.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Annie maak haar o\u00eb vir \u2019n oomblik toe. Natuurlik sal hy naby wees as sy iets oor hom te s\u00ea het. Sy probeer so uitdrukkingloos as moontlik lyk toe sy opkyk. \u201cWel, natuurlik kan ek nie d\u00edt mis nie, ek sal daar moet wees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy o\u00eb vernou. \u201cSarkasme pas jou nie, juffrou Du Plessis,\u201d pers hy deur sy lippe en draai vinnig om.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Tilla maak vir haar groot o\u00eb en verdwyn in die gang.<\/p>\n\n\n\n<p>Annie kners op haar tande. Asof die man enige visie het. Hy kan nie verder as sy neus kyk nie, nou wil hy die \u2018vizie\u2019 van die kantoor bespreek.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>En dan glimlag sy breed. Wel, as sy nou daar moet wees, kan sy dit net sowel met styl doen. Sy gryp haar selfoon en pons haar suster se nommer in.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cKatinka? Jy\u2019t mos so \u2019n rooi nommertjie?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>***<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVoordat ons by die nagereg kom, gaan ons die geskenkies wat julle gebring het, uitdeel.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Annie kyk vir die eerste keer vandat hulle begin eet het, na Derek. En haar mond word weer kurkdroog. Die man is onmoontlik aantreklik. Vanaand het hy \u2019n spierwit linnehemp aan wat sy o\u00eb nog blouer laat lyk en sy hare nog swarter. Sy skuif ongemaklik op haar sitplek rond. Gaan die aand dan nooit end kry nie?<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJy kan drie maal die drie dobbelsteentjies gooi. Sodra jy twee sesse gooi, mag jy \u2019n geskenkie kies. Sodra almal een voor hulle het, gaan elkeen sy of haar pakkie oopmaak en vir die ander wys wat daarin is. En dan &#8230;\u201d Hy glimlag en \u2019n kuiltjie duik in sy een wang.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Annie voel lighoofdig.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c&#8230; begin die pret. Nou kry elkeen net twee beurte om die drie dobbelsteentjies te gooi. Wanneer jy \u2019n dubbel van enige getal gooi, mag jy jou gekenkie ruil vir enige ander een wat jy graag wil h\u00ea. Jy moet ruil, al wil jy nie graag jou geskenk afstaan nie en jy moet jou geskenk weggee indien iemand anders dit wil h\u00ea. Ek stel die wekker en die geskenkie wat jy het as die tyd om is, is die een waarmee jy huis toe gaan. Goed, ons begin,\u201d s\u00ea hy en oorhandig drie dobbelsteentjies aan die persoon langs hom.<\/p>\n\n\n\n<p>***<\/p>\n\n\n\n<p>Annie se o\u00eb is vasgenael op die yslike groot hart wat van yster gemaak is. Pieter, een van haar kollegas, het dit voor hom. Sy moet dit net kry. Dit sal perfek teen die muur op haar agterstoep pas. Die afgelope vyftien minute het sy dit al \u2019n paar keer gehad, maar daar is elke keer iemand anders wat dit by haar afvat. Dis die geskenk wat almal graag wil h\u00ea. Verdomp, hulle kan mos maar iets anders kies, hoekom wil almal nou die hart h\u00ea? Sy weet nie vir hoe lank die wekker gestel is nie, maar sy is baie bewus van die minute wat aftel.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Uiteindelik is dit weer haar beurt. Sy skud die dobbelsteentjies in haar hand terwyl almal om haar lag en raas, maar sy sny alle ander geluide uit en konsentreer op haar gooi.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Tilla gee \u2019n gilletjie langs haar. \u201cJy kan ruil, jy\u2019t twee viere gegooi, waar\u2019s jou hart?\u201d roep sy uit.<\/p>\n\n\n\n<p>Triomfantlik steek Annie vinnig haar hand uit om die groot hart te neem. Pieter is ooglopend dikbek oor die pakkie wasgoedpennetjies wat hy in ruil kry. Langs haar gooi een van die ander vennote die dobbelsteentjies en met \u2019n sug van verligting sien Annie hy het nie &#8216;n dubbel gegooi nie.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p>Nou\u2019s dit weer Derek se beurt. Sy hou sy hande dop en sien hoe hy skud en skud en skud. Wat sukkel hy so? Kan die wekker nie maar lui nie? Ge\u00efrriteerd kyk sy op, net om vas te kyk in sy geammuseerde o\u00eb. En nog voordat die ander hande klap omdat hy \u2019n dubbel gegooi het, weet sy. Hy gaan haar hart vat.<\/p>\n\n\n\n<p>Die wekker gaan af, maar nie voordat hy sy hand uitsteek na haar toe om die hart te neem nie. Sy klou dit nog \u2019n oomblik vas. Dis haar hart, hy kan dit nie kry nie. Maar iemand stamp aan haar, hande gryp die hart en gee dit aan na Derek en sy pakkie beland voor haar. Vies kyk sy af. Sowaar weer die bleddie wasgoedpennetjies.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dankbaar druk Annie haar voordeur agter haar toe. Sy\u2019t gedink die aand gaan nooit end kry nie. Daar is toe nooit oor die visie en die missie gepraat nie, sy kon net sowel by die huis gebly het. En boonop is sy haar hart kwyt.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>***<\/p>\n\n\n\n<p>Simpel man. Hy moes gesien het sy wil dit graag h\u00ea, dis al rede hoekom hy dit afgevat het. Sy druk haar hand teen haar hart. Dit bons onegalig, onrustig in haar binneste.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>En dan weet sy. Haar bene raak lam en sy gaan sit vinnig op die naaste stoel. Derek het nie net haar ysterhart gevat nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Haar voordeurklokkie lui. Toe sy oopmaak, staan Derek daar met die ysterhart om sy arm en sy hart in sy o\u00eb.<\/p>\n\n\n\n<p>Woordeloos stap hy in en druk die voordeur agter hom toe. Sy vingers streel oor haar wang, gly af teen haar nek en liefkoos haar kaal skouers.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Met \u2019n halwe glimlag beduie hy met sy kop na die hart. \u201cEk wou hier aankom met my hart op my mou, maar dis te groot,\u201d skerts hy, haal die ysterhart af van sy hand af en hou dit uit na haar toe.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het so teen jou baklei, maar toe jy vanaand in die nommertjie opdaag &#8230;\u201d Sy o\u00eb gly oor die eina-kort, rooi rokkie, \u201chet ek geweet jy\u2019t lankal my hart gevat.\u201d Sy o\u00eb verdonker, die kuiltjie flits, sy kop sak af. \u201cEn toe moes ek seker maak dat ek joune kry.\u201d&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die hart Elsa Winckler \u201cGeskenk. Twintig rand. Ek het dit,\u201d s\u00ea Annie ingedagte en kyk moedeloos na die lang lys e-posse wat sy nog moet deurwerk voordat sy by haar eintlike werk kan kom. Dis wat gebeur wanneer mens \u2019n<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1725,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[9,6,4],"tags":[220,221,214,217,218,219],"class_list":["post-1724","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-other-blogging","category-books","category-writing","tag-diehartweet","tag-hykryhaarhart","tag-kortverhaal","tag-liefdesverhaal","tag-liefdewen","tag-steelhart"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1724","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1724"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1724\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1728,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1724\/revisions\/1728"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1725"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1724"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1724"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1724"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}