{"id":1719,"date":"2022-02-02T12:47:17","date_gmt":"2022-02-02T10:47:17","guid":{"rendered":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1719"},"modified":"2022-02-02T12:48:35","modified_gmt":"2022-02-02T10:48:35","slug":"1719","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1719","title":{"rendered":"Kortverhaal"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\">\u2019<strong>n Pakkie blou inkleurkryte<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\">Elsa Winckler<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cUiteindelik,\u201d glimlag Chlo\u00eb. Haar drie vriendinne het opgedaag vir hulle weeklikse middagete-kuier. \u201cMiddagete is net vyf-en-veertig minute, onthou? Ek het al cappuccino bestel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEmma het Pinterest ontdek, dis hoekom ons laat is. Sy stop elke paar minute om iets voor te lees,\u201d glimlag Lin\u00e9. \u201cEn anders as die meeste ander thirty somethings, soek sy nie na die nuutste modes nie, maar na corny s\u00eagoed oor die liefde.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cLuister hier,\u201d sug Emma en druk haar hand teen haar hart, \u201cKiss me like you don\u2019t need air, hold me like you can\u2019t let go.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Chlo\u00eb kreun. \u201cWatter man sal nou ooit so iets s\u00ea? Ek bedoel, seriously? Miskien na \u2019n paar biere en dan ook net om snaaks te wees, maar ken julle mans wat sulke goed s\u00ea? Kom ons wees nou maar eerlik, mans weet nie meer hoe om romanties te wees nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cJy\u2019s baie sinies, Chlo\u00eb,\u201d s\u00ea Megan. \u201cEk aanvaar gisteraand se date was ook &#8230;\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c&#8230; so vol van homself en sy kwalifikasies, hy het nie nog tyd gehad vir gewone ordentlikheid nie,\u201d s\u00ea Chlo\u00eb. \u201cHy het op \u2019n stadium net verdwyn, gaan rugby kyk by die kroegtoonbank.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSo jy is weer met Uber huis toe?\u201d lag Lin\u00e9.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cUber praat ten minste nie heeltyd oor homself nie,\u201d s\u00ea Chlo\u00eb grimmig. \u201cRomanse, my liewe vriendinne, is morsdood.\u201d Sy beduie na Emma se foon. \u201cDie belaglike gediggies\/woorde\/versies wat daagliks op sosiale media platforms verskyn, is \u2019n outydse konsep wat \u2019n mens nog net in liefdesverhale kry. Ja, mans wil jou h\u00ea, maar m\u00f3\u00e9nie rose en kerse verwag nie.\u201d Sy onthou haar voorlaaste date. \u201cOukei, miskien kerse \u2013 hy kan, het ek gesien, weliswaar \u2019n braaivleisvuur daarmee aansteek.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDis tog lekker om te droom,\u201d s\u00ea Megan. \u201cHoe hou jy van I wanna spend the rest of my sunsets with you? En luister hier. As \u2019n man d\u00edt vir my s\u00ea, loop ek agter hom aan: \u2018I\u2019ll never finish falling in love with you.\u2019 Chlo\u00eb, Vriendin, ek hoor wat jy s\u00ea, maar daar moet \u00earens nog romantiese mans wees.\u201d Sy sug. \u201cDalk nie noodwendig in Kaapstad nie, maar iewers, ek wil dit graag glo.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cLuister na di\u00e9 ene, Chlo\u00eb,\u201d s\u00ea Lin\u00e9, dik van die lag. \u201cYou are my blue crayon, the one I never have enough of, the one I use to colour my sky.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Emma kry sowaar trane in haar o\u00eb. Ge\u00efrriteerd, gluur Chlo\u00eb haar aan. \u201cAs jy huil, betaal ek nie vir jou cappuccino nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSies vir jou,\u201d snuif Emma. \u201cMegan is reg, dis tog moontlik dat \u2019n man bestaan wat so iets vir een van ons sal s\u00ea en dit bedoel. Daar is mooi stories daarbuite van mense wat mekaar ontmoet en lank en \u2026\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c\u2026 ongelukkig saamleef,\u201d brom Chlo\u00eb.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cJou ouers is al lank en gelukkig getroud, nie waar nie?\u201d vra Emma.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Chlo\u00eb knik. \u201cDis omdat my pa nog steeds romanties is, maar helaas, dit het heeltemal uitgesterf,\u201d s\u00ea Chlo\u00eb. \u201cVandag se mans praat eerder oor hulle velsorgmiddels voor hulle soetsappighede in jou oor fluister.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Emma leun vorentoe. \u201cJy kan darem nie alle mans oor dieselfde kam kan skeer nie. Oukei, jou laaste twee dates was minder aangenaam, maar is jou standaarde nie \u2019n bietjie hoog nie?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cTe hoog? Ek dink nie so nie. Maak my die hof, stuur vir my blomme, fluister mooi dinge in my oor \u2013 dis darem nie te veel gevra nie, of hoe? As dit beteken my standaarde is te hoog, bly ek eerder sonder \u2019n man.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cGepraat van mans,\u201d s\u00ea Lin\u00e9, \u201cek hoor daar is nou so \u2019n sexy besturende direkteur by jou werkplek? Glo \u2019n lus vir die oog. Donker, lank \u2026\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Chlo\u00eb skuif ongemaklik rond. Oor Marko Koch, die nuwe besturende direkteur van die ouditeursfirma waar sy administratiewe hoof is, wil sy liewer glad nie praat nie. Vandat hy vier maande gelede sy nuwe pos begin het, hinder die man haar. Daar is iets in sy o\u00eb wat haar heeltemal bewerig maak, nie \u2019n gevoel wat sy ken nie en nie \u2019n gevoel wat sy vertrou nie. \u201cHy\u2019s \u2019n man. Dis vir my genoeg rede om sover as moontlik uit sy pad te bly.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cLuister hier,\u201d s\u00ea Megan. Sy maak haar stem sag en gevoelvol: \u201cThe best kiss is the one that has been exchanges a thousand times between the eyes before it reaches the lips. Dis baie waar, n\u00e9?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Cho\u00eb lig haar cappuccino met albei hande op terwyl sy drink. Hopelik merk nie een van die drie haar rooi wange op nie. Is d\u00edt wat Marko se o\u00eb probeer s\u00ea \u2013 hy wil haar soen? Sy stik amper en sit haar koppie neer. Dis al die simpel s\u00eagoed wat haar aan sulke belaglikhede laat dink \u2013 dit onderstreep net haar argument.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Emma kyk op haar horlosie en staan op. \u201cEk moet hardloop, ek sien \u2019n kli\u00ebnt oor \u2019n paar minute. Selle tyd volgende week?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cAsseblief, ek sien elke week so uit na hierdie kuiers,\u201d s\u00ea Megan terwyl sy en Lin\u00e9 ook opstaan. \u2018En wie weet, dalk ontmoet een van ons di\u00e9 week \u2019n regte, egte romantiese held.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk hou nie my asem op nie,\u201d roep Chlo\u00eb agter hulle aan. Dis haar week om te betaal en sy lig haar hand vir die kelner. Terwyl sy wag, staan sy op en kyk in die koffiewinkel rond. So skuins agter hulle tafel sit \u2019n donkerkop man.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis mos &#8230; Dit kan nie wees nie. Haar wange vlam bloedrooi en sy draai vervaard om. Sy druk hopeloos te veel geld in die verbaasde kelner se hand en stap by die winkel uit.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Marko Koch was die hele tyd ook in die koffiewinkel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy is lam tot in haar tone. Kon hy hoor wat hulle s\u00ea? Die tafels is taamlik na aan mekaar. Die kanse is baie goed hy het hulle gesprek woordeliks gevolg. Kan die aarde asseblief oopgaan en haar heel insluk?&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Moet sy iets vir hom s\u00ea? Met \u2019n kreun glip sy by die kantoor in. Gelukkig het sy vanmiddag \u2019n vergadering met die leerklerke, een wat haar die hele middag agter \u2019n toe deur sal hou.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teen die tyd wat die laaste leerklerk uitstap, is Chlo\u00eb \u2019n wrak. Sy het skaars met die vergadering begin, toe Marko instap en homself teen die oorkantste muur tuismaak. Hy het nie \u2019n woord ges\u00ea nie, net die hele tyd na haar gekyk.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat alles uit haar mond gekom het, weet sy regtig nie, maar te oordeel aan die geamuseerde kyke van die leerklerke, was sy nie baie samehangend nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sonder om in sy rigting te kyk, maak sy haar goed bymekaar en stap deur toe, haar enigste gedagte om so gou en so ver as moontlik van Marko af weg te kom. Hy is egter reeds by die deur en druk dit toe voor sy kan uitstap.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gereed om hom in te vlieg, draai sy om net om uit te vind hy staan baie, baie naby aan haar. As sy wil, kan sy padgee. Sy kan omdraai, die deur oopmaak en uitstap en sy weet hy sal haar nie keer nie. Maar sy blou o\u00eb hou haar gevange.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy sit sy hande in sy broeksakke en buk vorentoe sodat sy mond by haar oor is. \u201cEk wonder al vier maande lank hoe ek deur jou skanse gaan breek, toe volg ek jou koffiewinkel toe. Nou weet ek. Ek kan vir jou s\u00ea vandat ek jou die eerste keer gesien het, droom ek oor jou, ek kan vir jou s\u00ea ek wil die res van my sonsondergange by jou wees, ek kan vir jou s\u00ea jy is my blou inkleurkryt, die een waarmee ek die lug inkleur, alhoewel ek nooit binne die lyne inkleur nie, ek kan vir jou s\u00ea ek sal nooit ophou verlief raak op jou nie en ek kan vir jou s\u00ea om jou te soen, is al waaraan ek dink wanneer ek na jou kyk. Ek kan ook vir jou s\u00ea ek wil jou soen totdat jy nie meer suurstof nodig het nie en ek wil jou vashou omdat ek jou nooit weer wil laat gaan nie, maar,\u201d s\u00ea en lig sy kop, \u201cek het nog altyd gedink \u2019n pratery is ietwat overrated, ek sal jou baie eerder wil wys. Vanaand half sewe?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar asem en haar woorde het in haar keel vasgesteek en elke liewe een van haar vooropgestelde idees vlieg by die venster uit. Sy knik, die enigste aksie waartoe sy op hierdie oomblik in staat is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy glimlag verhelder die hele vertrek en voor sy kan asemskep, soen hy haar. Sy mond is ferm en warm en vol heerlike beloftes, presies soos sy o\u00eb al maande lank belowe. Net voor hy uitstap, druk hy druk iets in haar hand. Verdwaas kyk sy af.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis \u2019n pakkie inkleurpotlode \u2013 almal blou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Toe sy minute later op wankelrige bene terugstap kantoor toe, weet sy twee dinge, twee dinge wat sy volgende week met haar pelle kan deel: \u2019n gepratery is inderdaad heeltemal overrated en romanse is nog glad nie dood nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Pakkie blou inkleurkryte het dit sopas bevestig.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Pakkie blou inkleurkryte Elsa Winckler \u201cUiteindelik,\u201d glimlag Chlo\u00eb. Haar drie vriendinne het opgedaag vir hulle weeklikse middagete-kuier. \u201cMiddagete is net vyf-en-veertig minute, onthou? Ek het al cappuccino bestel.\u201d \u201cEmma het Pinterest ontdek, dis hoekom ons laat is. Sy stop<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1720,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[9,6,4],"tags":[215,214,213,216],"class_list":["post-1719","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-other-blogging","category-books","category-writing","tag-bloukryte","tag-kortverhaal","tag-kortverhaal-bloukryte-liefdesverhaal","tag-liefdewen-eksryfliefde-ekskryfsoene-ekskryf"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1719","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1719"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1719\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1723,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1719\/revisions\/1723"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1720"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1719"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1719"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1719"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}