{"id":1451,"date":"2020-02-26T13:25:39","date_gmt":"2020-02-26T11:25:39","guid":{"rendered":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1451"},"modified":"2020-02-26T13:29:33","modified_gmt":"2020-02-26T11:29:33","slug":"proloog-omdat-ons-saam-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=1451","title":{"rendered":"Proloog &#8211; Omdat ons saam is"},"content":{"rendered":"\n<p>(<em>Daar was nie plek vir die proloog van Omdat ons saam is nie, so ek plaas dit hier &#8211; lekker lees!<\/em>) Elsa<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/elsawinckler.com\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/Wian-van-Bella.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1454\" width=\"411\" height=\"463\" srcset=\"https:\/\/elsawinckler.com\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/Wian-van-Bella.jpg 564w, https:\/\/elsawinckler.com\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/Wian-van-Bella-266x300.jpg 266w\" sizes=\"(max-width: 411px) 100vw, 411px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p><em>Dertien jaar gelede<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Wian sit met sy hande op die stuurwiel van sy ou Vollatjie. Hy het in die garage parkeer, maar hy kan nog nie uitklim nie. Hy staar na die tien SMS\u2019e op sy foon, almal van sy broers. Daar is vyf van Alec, drie van Reinier en twee van Conrad.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Binne sekondes gaan hulle drie vanaf die kombuis uitstorm en hulle gaan wil weet wat s\u00ea die prokureur en waar is tannie Barbara. En wat de hel s\u00ea hy vir hulle? Ons liewe tante het \u2019n dobbelprobleem en sy is landuit met al die geld wat Pa en Ma vir ons in die trustrekening agtergelaat het?<\/p>\n\n\n\n<p>Alec is tweedejaar medies, Reinier is in matriek, hy maar begin ook volgende jaar medies swot en Conrad is maar vyftien. Vir \u2019n oomblik dam trane agter in Wian se o\u00eb op, maar hy vee dit vinnig weg.<\/p>\n\n\n\n<p>Om te huil, help net mooi niks nie. Dit het hy twee jaar gelede besef toe albei hulle ouers in \u2019n motorongeluk dood is. Maar het die prokureur toe beduie, daar is genoeg geld vir almal se studies, genoeg om die huis in stand te hou en hulle ma se ongetroude suster, tannie Barbara was so vriendelik en gaaf om in te stem om na hulle te kom kyk.<\/p>\n\n\n\n<p>Fronsend wag hy vir die garagedeur om agter hom toe te gaan. Pa het nooit baie van Ma se suster gehou nie en hy het ook nie \u2019n geheim daarvan gemaak nie. Hulle het haar nie baie gesien nie, maar \u2019n dag na die verskriklike nuus van hulle ouers se dood, het sy by die huis opgedaag met twee groot tasse klere en in Pa en Ma se kamer ingetrek. Sy was die ene smiles.<\/p>\n\n\n\n<p>Nie hy of Alec of Reinier of Conrad was vreeslik opgewonde daaroor nie, maar hy kon ook nie aan \u2019n ander oplossing dink nie. Hy was in Potch besig om sy graad in Aptekerswese klaar te maak en ten minste was daar iemand wat \u2019n oog kon hou oor Reinier en Conrad terwyl hulle op skool is. Alec het naweke huis toe gekom van Tygerberg af en hy wat Wian is, kon universiteitsvakansies huis toe kom.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Aanvanklik het tannie Barbara gehelp. Maar na \u2019n paar maande het hy begin agterkom sy is selde by die huis. Sy het \u2019n huishoudster aangestel om kos te maak en die huis te hou terwyl sy, hoor hy nou by die prokureur, die geld wat vir hulle bedoel was, gebruik het om haar dobbelgewoonte te finansier. Wat sy nie uitgemors het nie, het sy geleidelik na haar eie bankrekening oorgeskuif het en toe het sy verdwyn.<\/p>\n\n\n\n<p>Die kombuisdeur vlieg oop, sy broers kom stadig nader. Alec is voor, agter hom Reinier en in die deur bly Conrad staan.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEn?\u201d vra Alec. \u201cWat s\u00ea die prokureur? Waar is tannie Barbara?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk sal nie spyt was as sy nie weer terugkom nie,\u201d s\u00ea Reinier.<\/p>\n\n\n\n<p>Conrad s\u00ea nie iets nie, sy o\u00eb raak net donkerder.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cKom ons gaan in, ons het baie om oor te praat.\u201d Wian stap voor hulle verby tot in die kombuis en gaan sit by die tafel. Alec en Reinier trek stoele uit, maar Conrad bly staan stroef in die deur.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cConrad, kom sit,\u201d s\u00ea Wian en trek vir hom \u2019n stoel uit.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cGaan jy my wegstuur?\u201d vra Conrad.<\/p>\n\n\n\n<p>Wian wil hom vererg, maar toe hy vinnig opkyk, sien hy die effense bewing van Conrad se onderlip raak. Hy beduie weer na die stoel. \u201cKom sit,\u201d s\u00ea hy heelwat sagter. \u201cOns moet planne maak, maar ek belowe jou, ons stuur niemand weg nie. Wie is ons nou weer?\u201d vra hy met \u2019n sweem van \u2019n glimlag.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie vier muskateers,\u201d prewel Conrad en gaan sit op die punt van die stoel.<\/p>\n\n\n\n<p>Wian sit sy hand op Conrad se skouer. \u201cPresies. Een vir almal en almal vir een. Ons gaan mekaar help.\u201d Hy trek sy asem in voor hy vir sy broers so onemosioneel soos wat hy kan, vertel hoekom die krag afgesit is en die water afgesny is, hoekom rekeninge nie betaal is nie en waar tannie Barbara is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Sy broers staar hom minute lank verstom aan.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het nie geweet sy dobbel nie. Nou verstaan ek hoekom Pa so opgewerk geraak het as sy by Ma wou geld leen. Kan ons nie iets aan haar doen nie?\u201d vra Alec. \u201c\u2019n Saak maak of iets?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDit was die prokureur se voorstel ook, maar tant Barbara is landuit en ek voel ons moet aanbeweeg. Vir lang, uitgerekte hofsake het ons in elk geval nie geld nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWat van ons studies?\u201d vra Alec, nou taamlik bleek.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cSy kon gelukkig nie aan die geld daarvoor raak nie, dis in \u2019n aparte rekening. Maar ons sal moet planne maak om aan die lewe te bly. Ek locum gelukkig nog vir res van die maand hier op Stellenbosch. Dit sal my genoeg kans gee om \u2019n permanente werk te kry. Dit gaan knor, maar ons kan dit maak werk.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWat van die werk in London?\u201d vra Aec.<\/p>\n\n\n\n<p>Wian skud sy kop. Hy oorweeg \u2019n aanbod van \u2019n groot farmaseutiese maatskappy in London, maar dit sal nie op die oomblik kan werk nie. \u201cNee wat. Wanneer julle klaar geswot het, kan ek weer daarna kyk.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns sal almal help,\u201d s\u00ea Alec.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJulle studies is prioriteit, maar ja, dit sal help as julle julle eie sakgeld kan verdien, ek sal sorg vir kos op die tafel. En &#8230;\u201d Hy laat gly sy o\u00eb oor sy drie broers, \u201c&#8230; laat hierdie vir ons almal \u2019n les wees. Ons vertrou mekaar, maar niemand anders daar buite nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cSy het al ma se goed ook ingepak,\u201d s\u00ea Conrad.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWat se goed?\u201d vra Alec.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cAlles. Ma se kas is leeg,\u201d antwoord Conrad.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMa se juweliersware ook?\u201d vra Reinier. \u201cSy het nog &#8230;\u201d Hy sluk. \u201cHaar ringe &#8230;?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Wian sit \u2019n hand op sy skouer. Vir \u2019n oomblik is hulle almal stil. Hulle ma het kort voor hulle ouers se dood vir hulle gewys watter van haar ringe hulle elkeen eendag gaan kry om vir hulle aanstaande bruide te gee. \u201cEk sal gaan soek. Dalk het Ma dit op \u2019n ander plek geb\u00eare.\u201d Hy twyfel, haar juwele was maar altyd in die kissie op haar spie\u00eblkas, maar dit hoef sy broers nie nou te weet nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWel, ek is in elk geval nie van plan om ooit te trou nie,\u201d s\u00ea Wian na \u2019n rukkie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cJa, hoe weet \u2019n mens jy is nie met nog \u2019n flippen Barbara deurmekaar nie?\u201d vra Reinier.<\/p>\n\n\n\n<p>Alec is die eerste een wat begin lag. Binne oomblikke skater hulle almal. Dis miskien eerder \u2019n half histeriese lag, maar ten minste sit en huil sy drie broers nie. Hierdeur sal hulle ook kom.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>(Daar was nie plek vir die proloog van Omdat ons saam is nie, so ek plaas dit hier &#8211; lekker lees!) Elsa Dertien jaar gelede Wian sit met sy hande op die stuurwiel van sy ou Vollatjie. Hy het in<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1452,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[9,6,4],"tags":[190,189,83,116,191],"class_list":["post-1451","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-other-blogging","category-books","category-writing","tag-bellasestorie","tag-greytonstories","tag-happyending","tag-lovestory","tag-skilder"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1451","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1451"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1451\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1457,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1451\/revisions\/1457"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1452"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1451"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1451"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1451"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}