{"id":123,"date":"2013-10-21T13:22:10","date_gmt":"2013-10-21T13:22:10","guid":{"rendered":"http:\/\/elsawinckler.com\/?p=123"},"modified":"2014-06-30T08:33:11","modified_gmt":"2014-06-30T08:33:11","slug":"die-bierblik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/elsawinckler.com\/?p=123","title":{"rendered":"Die bierblik"},"content":{"rendered":"<p>Hierdie oor ons middelste het so &#8216;n paar jaar gelede in <em>Vrouekeur<\/em> verskyn. Ek verlang vandag die ou kindjie daar ver in die vreemde en deel graag hierdie insident met julle \ud83d\ude42<\/p>\n<p>Ek was jare gelede by \u2019n naweek-konferensie oor kindgrootmaak. Verskrik en met \u2019n groeiende besef van al my tekortkominge, het ek probeer om te verdwyn tussen die ander mammies. Almal het soveel selfvertroue gehad en die sprekers het soos wafferse swartgordelhouers vir ons uitgestip presies wat mens moet doen en hoe mens dit moet doe nom jou ou kindjie groot en oordentlik te kry. Ek het verwilderd geluister na al die moets en moenies en besef my ou kindertjies is reguit op pad hel toe, hulle ma is glad nie opgewasse vir die werkie nie. Oom Bethel het darem vir ons \u2019n troos teen die einde gehad en ons daaraan herinner dat ons nie alleen kinders grootmaak nie. Ek is baie moeg huis toe met die oorweldige besef dat ek mooi saggies met my ou kindertjies moet werk en tog baie mooi moet dink aan die uitwerking van al my gille op hulle tere gemoedjies. Nodeloos om te s\u00ea, die voorneme het nie lank gehou nie.<\/p>\n<p>\u2019n Mens het kinders en dan het \u2019n mens \u2018drama\u2019-kinders. Die\u2019s wat jou op jou knie\u00eb hou soos Skoonma altyd ges\u00ea het, wat jou hartklop gereeld opjaag, wat jou histeries laat lag, wat jou harstogtelik laat huil, wat selfs oor die telefoon weet as jou hart seer is en wat vir jou die styfste drukkies gee. Dis oor hulle wat jy snags wakker l\u00ea, vir wie jy bid in elke kerk en katedraal waar jy ookal mag kom, dis hulle wat maar net op \u2019n ander ritme dans as al die ander. En dis hierdie ou kindertjies wat jou van alles laat vergeet wat die ooms en tannies op konferensies jou probeer leer.<\/p>\n<p>Di\u00e9 storie is oor ons \u2018drama\u2019-klong. Kyk, die man het ons besig gehou van die begin af. Niks wat vir die eerste een gewerk het, wou met hom werk nie, maar so met \u2019n gewroeg en \u2019n geveg en baie aande op ons knie\u00eb het ons hom begin groot-\u2018bring\u2019 soos Fiela ges\u00ea het. Ek het self begin dink ek kan dalk ook nou \u2019n swartgordel vir ma-wees kry \u2026 tot die middag wat ek vroeg huis toe gaan.<\/p>\n<p>Ek kan nie meer onthou hoekom nie, maar die betrokke middag is ek en manlief vroe\u00ebr huis toe. (Ek sou baie later maar hoor hoe sussie moes luister wanneer die motor stilhou sodat die boeties kon lyk of hulle leer!) Die middag was sussie nog nie op die uitkyk nie maar op die oog af het alles heel belowend gelyk toe ek by die kamers inloer. Ouboet was o\u00ebnskynlik druk besig en so ook die ander boetie, nogals met Wiskunde, Ma! Ek is kamer toe met so \u2019n gevoel van iets wat nie reg is in my agterkop nie, maar intussen begin ek beplan aan die aand se ete, die wasgoed, ensovoorts, ensovoorts.<\/p>\n<p>Dis toe ek weer die gang afstap kombuis toe dat ek dit sien: \u2019n bierblik op tweede boetie se tafel, oopgemaak en duidelik gereed vir gebruik. Ek verstar en kyk of ek reg kyk. Ja, nee, dis \u2019n bierblik. Dis 4 uur op \u2019n Donderdagmiddag. My graad 9-seun sit met \u2019n bierblik op sy lessenaar. Ek. Glo. Dit. Nie. Ek vergeet natuurlik dadelik alles wat die ooms en tannies my probeer leer het oor kind-grootmaak en begin skree: wat gaan hier aan, wat doen jy, ensovoorts ensovoorts. Met elke vraag klim my ou stemmetjie nog \u2019n oktaaf ho\u00ebr en harder totdat dit \u2019n volwaardige viswyf gekyf is. Boetie is verstom oor sy ma se optrede. Hy is besig met Wiskunde, hy sukkel en dink toe \u2019n bier sal al die verskil maak, waaroor gaan Ma so aan? Maar kyk, toe slaan die skema heeltemal deur en ek verloor die bietjie selfbeheer wat ek nog gehad het.<\/p>\n<p>Intussen was Pa in die badkamer en het so by die derde gil gedink hy moet dalk gaan kyk wat aangaan. Hy kom die kamer uitgeskuifel met sy broek onderom sy enkels, die hemp darem oor die nodige. Intussen kom Joyce met die strykgoed van die anderkant af, heeltemal verslae oor die lawaai. Toe sy vir Pa in die meeste van sy glorie sien, draai sy 180 grade om en skarrel verskrik terug kombuis toe. Sussie bekyk intussen die ding hier van onder, baie in haar skik dat dit nie sy is wat in die moeilikheid is nie. En Boetie vervies hom toe op die punt heeltemal vir sy ma: kan ek nie verstaan dat hy \u2018stress\u2019 nie, hy het gesukkel om die Wiskunde te doen en het gedink dit sal help as hy \u2019n bietjie ontspan. Dis toe dat Pa weet hy moet sy ou vroutjie liefs daar wegkry voordat die hare waai. Op sy rustige manier kon hy mooi verduidelik dat dit nou nie so werk nie. Nou nie dat hy \u2019n baie imposante figuur kon slaan met sy broek om sy enkels nie, maar hy het sy bes gedoen en die orde herstel (op \u2019n manier!).<\/p>\n<p>Laat die aand toe ek al l\u00ea, begin die lag van diep onder af borrel en ek lag uit my maag vir die ou kindjie van ons en vir manlief met sy broek om sy enkels. In die jare daarna het ons die storie al baie oorvertel tot groot vermaak van almal. Boetie, vandag ondewyser in Sjina, verstaan nog steeds nie waaroor ek so tekere gegaan het nie.<\/p>\n<p>Daar was nog baie \u2018bierblikke\u2019 op verskillende stadiums van die kindgrootmaak-proses, en ek sou graag wou s\u00ea dat ek dit elke keer beter hanteer het, maar helaas\u2026. Op ons yskas was lank \u2019n tekening wat Boetie gemaak het van sy ma: \u2019n ronde kop met twee groot, pers o\u00eb. Ek hou daarvan om te dink dat dit einste hierdie twee pers o\u00eb is wat hom vandag nog hinder en min of meer op die smal paadjie hou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie oor ons middelste het so &#8216;n paar jaar gelede in Vrouekeur verskyn. Ek verlang vandag die ou kindjie daar ver in die vreemde en deel graag hierdie insident met julle \ud83d\ude42 Ek was jare gelede by \u2019n naweek-konferensie oor<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[9,3],"tags":[],"class_list":["post-123","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-other-blogging","category-kinders"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/123","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=123"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/123\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":124,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/123\/revisions\/124"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=123"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=123"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/elsawinckler.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=123"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}