Boeke – Liefdesverhale

Omdat jy jy is  – Augustus 2017 (NB Uitgewers)

 

 

 

 

 

 

 

Omnibus – Hoe diep die liefde lê – Junie 2017 (Lapa)

 

Drie stories in die omnibus wat al voorheen verskyn het

Waar liefde lê:
Lana sien regtig nie kans vir die passievolle omgewingskundige wat ’n Kilimandjaro-ekspedisie reël nie. Sy vrees berge. En sy vrees die uitwerking wat hierdie dinamiese en hartstogtelike man op haar het.

Want daar’s skoenlappers:
Gemma is ’n mediese dokter en Nick ’n oorlogsfotograaf. Boonop is hulle aangetroude familie. Maar op die een of ander manier vryf hulle mekaar telkens verkeerd op. Of is hulle eintlik onweerstaanbaar vir mekaar?

Heldergeel dag:
Cara en haar vriendin Lana se broer Henry kon mekaar nog nooit verdra nie. Of is dit maar hoe mense optree wat eintlik van die begin af te veel van mekaar gehou het? Hulle storie het al in Waar liefde lê en Want daar’s skoenlappers begin …

 

‘n Liedjie vir Anine – Lux Verbi April 2017

Zander Breedt is ’n gewilde musiekster. Maar roem het ’n wrang smaak – hy voel asof hy teen ’n muur vasbid; die antwoorde waarna hy soek, kry hy nie in sy Bybel nie. En die nuwe aangetroude familielid, Anine, maak dinge nie makliker nie. Dis duidelik dat Anine nie veel oog hare het vir popsangers nie. Tog is sy die een wat weer die majeurnote in sy binneste losmaak. Anine Vos is ’n joernalis. Haar redakteur gee haar opdrag om ’n diepte-artikel oor Zander te skryf. Sy worstel met haar eie hartseer en sien glad nie kans hiervoor nie. Maar sy het vergeet: wanneer sy nie kan nie, kan die Here. ’n Liedjie vir Anine is deel vandie reeks oor die Breedt- en Vos-gesinne se lief en leed.

 

Jy is huis vir my – April 2017 (Lapa)

Hy het haar hart gebreek toe hy ná hul nag van passie met ’n blonde pop by haar koffiewinkel opdaag. Maar nou is Leila se beste vriendin met Tinus se broer getroud en hy bly onder haar voete!

 

 

 

 

 

 

#liefvirjou Desember 2016 (Lapa)

#Liefvirjou_voorblad_low res

 

As jy al gewonder het oor Sanet van Tussen jazz en rock se broers – hierdie is die oudste broer, Kobus, se storie 🙂

Cara de Villiers is laat vir haar vlug na Suid-Afrika toe sy in Kobus Viljoen vashardloop. Hy luister haar selfoongesprek met haar ma af en kan nie help om te hoor dat sy ‘n metgesel na ‘n troue benodig nie.

 

 

 

Vroue van Kosmoslaan – September 2016 (Carpe Diem)

Vroue van kosmoslaan_voor

Dis die betekenis van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit sy wil in Kosmoslaan bly en haar kinders daar grootmaak:

joy in love and life.

Op die oog af lyk dit na ’n veilige, rustige straat.

Maar hierdie straat is vol intriges en interessante mense:

Ontmoet vir Marella, ’n prokureur wat haar perfekte lewe volgens voorafuitgewerkte lysies leef.

Ellie skryf kinderboeke maar wens sy kan swanger raak en die stories vir haar eie kindjie vertel.

Ida en Claire se mans is saam in ’n motorongeluk dood. Maar dis haar verlede wat vir Ida die meeste pla.

Een van Alma se dogters verdwyn en die hele laan begin soek.

Julia se man loop met ’n ander vrou weg en haar tienerseun, Rudi, raak in ’n bakleiery betrokke.

Het dit dalk iets met Sabina se verdwyning te doen?

Asof dit nie genoeg is nie, daag Hugo Conradie, die geheimsinnige man met die mooiste blou oë, onverwags daar op …

Die vroue in die laan kom eenkeer ’n maand bymekaar om te brei en oor koeitjies en kalfies te gesels.

Later word hierdie breigroep hulle toevlug en hulle gooi die maskers een vir een af.

Hulle begin saam bid en deel in mekaar se hoop en drome, teleurstellings en vreugde.

Uiteindelik steek elke vrou ’n kosmosblom in haar hare en sê dankie vir ’n tweede kans op geluk.

Die vroue van Kosmoslaan is ’n boeiende, menslike verhaal waar elke vrou ervaar hoe die Skepper voorsien in presies dít wat sy nodig het.

Ridderspore en rose (Ultrasatyn Desember 2016)

ultra-satyn-2-cov

In Ridderspoor en rose sê Alan dat Corinne nie sy tipe is nie; hy soek ’n “stemmige” vrou wat kliënte beïndruk. Sy sal hom wys presies hoe ónstemmig sy kan wees, sodat hy nooit weer met ’n ander vrou tevrede sal wees nie.

 

 

 

 

 

Liefde deur ‘n Lens – In Junie 2016 (Satyn) 

Liefde deur 'n lens cov

Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto’s gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit nie. Maar toe sy na Suid-Afrika terugkeer, dreig haar onderdrukte emosies om uit te borrel – en dis alles Francois Olivier, haar skoonsus se baie aantreklike broer, se skuld. Hy soen haar onverwags, vat aan haar, en laat haar wêreld tol. Hy sien die hartseer raak wat sy diep wegsteek en daag haar uit om te erken hoe sy voel. Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar as sy haar weer kom kry, fokus sy op sy sterk gelaatstrekke. En wat is die uitdrukking wat sy daar sien? Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar? En is dit liefde wat sy deur die lens sien?

 

 

Februarie 2016 (Lapa) Omnibus van drie stories

Liefde langs die Ee#1EFF086

 

Tussen Jazz en rock

Anderkant liefhê

Sonder bagasie

 

 

 

 

Maart 2016  (Lapa)

brug na haar hart_high res

 

Vyf jaar ná ‘n vurige soen tussen hulle by haar vriendin se troue, is Eva oortuig dat Henno uiteindelik uit haar sisteem is. Maar hy staan nou lewensgroot voor haar en haar hart tamboer sy naam.

 

 

 

 

November 2015 (Struik)

OM WEER TE DROOM voorlopige omslag

 

Wanneer hulle haar vermoorde suster Marina se woonstel opruim, ontdek Lizet Vos haar suster se droomlys. En van toe af probeer sy om al die drome op Marina se “bucket list” te bewaarheid, al is van die gewaagde, gevaarlike aktiwiteite eintlik heel teen haar aard. Haar droom om eendag te trou en kinders te hê, skuif sy vireers op die agtergrond – totdat haar broer Evan se lewe met Anya Breedt verstrengel raak en Anya se broer Stephen en sy dogtertjie deel word van famieliekuiers.

 

 

Oktober 2015 (Lapa)

byvoordele gewaarborg_voorblad_low res

 

Regard van Niekerk het lankal besluit om nie ernstig oor vroumense te raak nie. Tot hy op ‘n doodgewone Maandag amper een raakry wat met ‘n skilpad in haar hande in die middel van die pad staan!

 

 

 

 

Maart 2015

Ware Noord (Struik)

Ware Noord finale voorblad

Evan Vos is jonk, hy speel vir die universiteit se eerste span, die moontlikheid dat hy vir die Springbokke kan speel, hang in die lug, hy het nooit ‘n tekort aan ‘n vrou aan sy arm nie. Dit gaan met hom goed, die lewe is ‘n lied. En dan word sy hart uit sy binneste geruk. Op dieselfde dag wat hy moet afskeid neem van ‘n geliefde, sien hy die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes, vir hom tekenend van sy eie omstandighede. Die skuldgevoel wat hy saam met hom dra, le swaar op sy hart, die enigste emosie wat hy kan hanteer, is woede. En hy laat die donkerte toe om sy binneste oor te neem. Anya Breedt is in haar noppies wanneer haar pa se argiteksfirma die opdrag kry om die planne op te trek vir die herstel van die Metodiste-kerk in hulle dorp. Dis amper drie jaar nadat die pragtige ou kerkie die hele voorste fasade verloor het en die nodige fondse is uiteindelik bekom. Sy is nog meer opgewonde wanneer sy hoor sy is die projekleier. Drie jaar later speel Evan vir die Springbokspan, maar is op die krukkelys na ‘n besering. Sy pa se konstruksiefirma het die opdrag gekry om die kerkie te herstel en hy vra vir Evan om tydelik as projekleier op te tree. Evan en Anya ontmoet mekaar op die perseel van die kerkie. Hulle voel aangetrokke tot mekaar, maar Evan weet met al sy bagasie kan hy nie iemand naby aan hom toelaat nie en Anya is baie versigtig na ‘n mislukte verhouding. Anya aanvaar Evan is met ‘n doel oor haar pad gebring, en wanneer sy hoor van sy pyn, probeer sy help. Evan besef hy moet die persoon wat verantwoordelik is vir die seer in sy lewe, vergewe, anders kan hy nie aanbeweeg nie, maar hoe doen ‘n mens dit?

Januarie 2015

Ultrasatyn 2in 1 (Tafelberg) Sophie en Sophia en Reëls van die spel (Colette Berg)(e-boek en sagteband)

Ultrasatyn 2 in 1

Sophie en Sophia: Sophie kort sekslesse. Sy trek langs Derek in en hulle beproef “resepte”. Reëls van die Spel: Lukas het Leila se hart vermorsel. Nou’s hy haar baas. Sy gaan hom ’n les leer. Eksklusief by Leserskring.

 

 

 

 

 

Mei 2015

Liefde in laslap (NB Satyn)

Liefde in laslap_voorblad

Kinderboekillustreerder Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se gulhartige mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer en saam begin kuier. Die aantreklike Neethling Meyer se sjokoladebruin oë wat heeltyd op haar rus, onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop uit die bloute soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie.
Maar Neethling is ‘n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Het hy dan nie gereeld ‘n nuwe pop aan die arm nie? Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie.
Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in ‘n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeelding op. Is hul lewensstories werklik bestem om te vervleg?
Liefde in laslap is ‘n liefdesverhaal van twee karakters wat lesers uit Om Amelie se tafel sal onthou.

September 2014

Liefde sonder voorbehoud (e-boek en gedrukte kopie)(Lapa)

Pierre se laaste snedige aanmerking teenoor haar het veroorsaak dat sy twee jaar lank glad nie in Suid-Afrika was nie, maar nou is Lynette terug om in ‘n advertensie vir ‘n winkelkleregroep te wees en sy sien hom weer. Sal hy hierdie keer verby haar beroep as model kan kyk of sal hy haar altyd net as ‘n mooi gesiggie sien?

Liefde sonder voorbehoud voorblad

 

 

 

 

 

 

 

(e-boek en gedruk te kopie)(Satyn NB Uitgewers)

Amelie doen nie groepwerk nie. Sy doen nie motorbestuur nie, en sy doen ook nie mans wat vir haar lelies of juweliersware aandra nie. Ja, sy’t ’n bietjie bagasie – en wie het nogal nie?

Maar wanneer spanbou-spesialis en bedryfsielkundige Chris op die prentjie verskyn, en boonop veroorsaak dat Amelie ’n ver ent pad moet ry om sowaar in simpel groepies te gaan rondfoeter, word haar wêreld omgekeer. Die man sukkel met haar en weet nét watter knoppies om te druk. Wanneer sy Chris leer ken en besef hy’t ’n groot, luide familie – presies die soort wat sy so graag om ’n gesellige etenstafel in haar eie tuin sou wil sien, die soort waaroor sy droom sedert haar ouers se ontydige dood – is haar kop aan die draai. Dit verg allerlei ompaaie, en harde werk van Chris se kant, om deur Amelie se bagasieknope te sny. Sal sy haar dinge kan laat staan en die familie wen waarna sy so smag? En dít voor Chris besluit sy’s net té veel moeite.

Om Amelie se tafel cov


Tydlose liefde – Satyn Tafelberg April 2014

 

Tydlose liefde cov.indd

Kalinda het uit Toronto gekom om navorsing te doen oor Kanadese soldate in die Anglo-Boereoorlog. Sy’s twee jaar gelede van Neil geskei en het Suid-Afrika agtergelaat vir ’n nuwe lewOm Amelie se tafel – Tafelberge, maar noudat sy terug is in die land, onthou sy opnuut sy dreigende laaste woorde aan haar . . .Maar vir eers het sy ander probleme. Soos die spook, jou wrintiewaar ’n regte-egte spook, wat in haar kar geklim het op pad na Paardeberg − én haar kantsakdoekie op die sitplek agtergelaat het.En dan, op die plaas aangekom, het sy te kampe met Zach, ‘n avonturier en rekenaarspeletjie-ontwerper met ‘n onversadigbare drang na werklik ekstreme sportsoorte − en die onverklaarbare drif wat dadelik tussen hulle posvat.Terwyl Kalinda die geskiedenis en haar spook se spore volg, kry sake tussen haar en Zach alte vinnig koers – maar sy hoor mos van sy arrogante drie-date-reël, en sy weet haar hart het dít allermins nodig. Boonop is Neil tóg nie iets van die verlede nie . .

Sophie & Sophia – Elizabeth Engela – Tafelberg 2013

Op sewe-en-twintig moet Sophie dit nou eenmaal erken: sy benodig sekslesse. Sy’t dan nog nooit die groot O gevoel nie, nog nie eens naastenby nie! Dan gebeur drie dinge byna tegelyk: Sophie kom in kontak met ’n skrywer van witwarm hygromans, raak lus om te begin blog soos in Julie & Julia, én trek in ’n nuwe woonstel in – langs haar broers se pel Derek. Ja, die een wat soos haar amper-ouboet is . . . Maar ook só glad nie!

Sophie verbrand haar vingers met Derek, want van hartsake weet sy so min as van kosmaak, en mens kan van albei ’n liederlike brouspul maak. Derek weet veel meer van sensuele sake, en saam-saam beproef hulle allerlei resepte wat hy reeds vervolmaak het.

Sophie en S.indd

 

 

 

 

 

 

 

Tussen Jazz en Rock – Lapa 2009

 Sanet is voos vir mans. Maar teen Jak de Beer wat een aand ‘n stripper is en die volgende dag in haar eerstejaars tutoriale klas sit, het sy geen verweer nie.

Tussen Jazz en Rock Voorblad

Anderkant liefhe – Lapa 2010

Martha en Hans ken mekaar al lank, maar die afgelope tyd spook sy donkerbruin oë by haar. Hoekom soen hy haar dan dat haar bene wankel, net om haar weer te los? Hy frustreer haar so!

Anderkant liefhê voorblad

Sonder Bagasie – Lapa 2011

Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy te blou oë  en gespierde lyf is egter ‘n groter probleem …

Sonder bagasie Voorblad

Perfekte formule – Lapa 2011

Elena is pas aangestel as die laboratoriumanalis in ’n wynkelder. Ervaring het sy nie, maar sy moet gou leer want hier moet alles vinnig gebeur. Veral vir een man moet sy bontstaan: die onweerstaanbare, humeurige wynboer met die karamelbruin oë. Elena dans egter nie na sy pype nie en maak geen geheim daarvan dat sy nooit op ’n plaas sal aard nie. Buitendien sal dit nooit tussen hulle werk nie want hy verkies ’n meisie met ervaring, en Elena het nog nooit eens ’n vaste verhouding gehad nie. En tog, ervaring op die gebied van die liefde kan blykbaar verbasend maklik opgedoen word …

Perfekte formule Voorblad

Van altyd af – Tafelberg 2011

Cilla kan met diere kommunikeer, maar toe sy Reynecke se hings probeer help, is dit die eienaar wat die probleem het. Hoe gaan sy hom oortuig, aangesien sy self oortuig is, dat hulle twee van altyd af vir mekaar bedoel is?

Van altyd af cov.indd

Waar liefde lê – Lapa 2012

Lana sien regtig nie kans vir die passievolle omgewingskundige wat ‘n Kilimandjaro-ekspedisie reël nie. Behalwe dat sy ‘n vrees vir berge het, irriteer groenes haar ook so. Maar skielik het sy ‘n ander vrees – die uitwerking wat hierdie dinamiese en hartstogtelike man op haar het.

Waar liefde lê vooblad

Want daar’s skoenlappers – Lapa 2012

Gemma is ’n mediese dokter en Nick ’n oorlogsfotograaf. Hy wil alewig oorvat en in beheer wees van alles. Nick voel aangetrokke tot Gemma, maar volgens sy waarneming, is sy yskoud en hou haar sy haar pasiënte op ‘n afstand. Maar, die aantrekkingskrag tussen hulle is ongewtyfeld daar. Kan die liefde in hierdie situasie tog oorwin?

Want daar's skoenlappers Voorblad

Heldergeel dag – Lapa 2012

Cara en haar vriendin Lana se broer Henry kon mekaar nog nooit verdra nie. Of is dit maar hoe mense optree wat eintlik van die begin af te veel van mekaar gehou het?

 

Heldergeel dag cover

Te eenders te anders – Tafelberg 2013

Aileen het lank rondgeval tussen beroepe en oorsee rondgerits, maar nou is sy terug op Stellenbosch en sy weet wat sy wil hê: haar eie pâtisserie wat Stellenbossers sal wys hoe fyngebak nou eintlik lyk. Sy’t reeds die perfekte perseel gevind, ook. Maar . . . die eienaar van die gebou is absoluut, heeltemal onmoontlik!

Te eenders, te anders voorblad